Iota Aquarii of ι Aquarii is die Bayer-naam van ’n ster in die sterrebeeld Waterdraer. Met ’n skynbare magnitude van 4,279 is dit met die blote oog sigbaar. Volgens parallaksmetings deur die Hipparcos-sending is dit sowat 175 ligjare van die Son af.
Die ster se spektrum stem ooreen met ’n sterreklassifikasie van B8V, wat beteken dit moet ’n B-tipe hoofreeksster wees. Sy radius is 2,7 keer dié van die Son en dit roteer vinnig, met ’n spoed van sowat 135 km/s. ’n Infrarooisoektog in 2010 na metgeselle om die ster was onsuksesvol.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Waterdraer (sterrebeeld) Kategorie:B-tipe hoofreekssterre Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Flamsteed-voorwerpe