duimnael|regs|Erik Satie in 1920 Éric Alfred Leslie Satie ; 17 Mei 1866 – 1 Julie 1925), wat na 1884 sy naam geskryf het as Erik Satie, was 'n Franse komponis en pianis. Satie was 'n invloedryke kunstenaar op die laat 19de en vroeë 20ste eeuse Paryse avant-garde toneel. Sy werk het as voorloper gedien tot latere artistieke bewegings soos minimalisme en die Teater van die Absurde.

Satie was 'n besonders eksentrieke persoon, en is in 1887 bekendgestel as 'n "gymnopedist", kort voordat hy sy bekendste komposisies, die Gymnopédies, geskryf het. Behalwe vir sy musiek het Satie ook 'n stel skrywes nagelaat en vir publikasies bygedra soos die dadaïstiese tydskrif 391.

Alhoewel hy in sy latere lewe trots daarop was om sy werk onder sy eie naam te publiseer, wil dit voorkom asof hy in die laat 19de eeu skuilname soos Virginie LebeauSteven Moore Whiting,Satie the Bohemian: From Cabaret to Concert hall (Oxford: Clarendon Press; New York: Oxford University Press, 1999): p.105. en François de PauleVincent Lajoinie, Erik Satie,' 'L'Age d'Homme' '(<! --Plek, uitgewer en ISBN woord benodig .--> 1985). 443 S. 8 ° 1985 p.31 in sommige van sy gepubliseerde skrywes gebruik het.

Lewe Vroeë lewe duimnael|Die Satie-huis en – museum in Honfleur, Normandië Erik Satie is op 17 Mei 1866 gebore as die seun van Alfred Satie en sy vrou Jane Leslie (née Anton), wat aan Skotse ouers in Londen gebore is. Erik is op Honfleur in Normandië gebore; sy kinderhuis aldaar is nou oop vir die publiek. Toe Satie vier jaar oud was het sy gesin na Parys verhuis, nadat sy vader 'n pos as vertaler in die hoofstad aangebied is. Na sy moeder se dood in 1872 is hy (op 6-jarige ouderdom) saam met sy jonger broer, Conrad, teruggestuur na Honfleur om by sy grootouers aan vaderskant te woon. Daar ontvang hy sy eerste musieklesse by 'n plaaslike orrelis. In 1878, toe hy 12 was, sterf sy ouma, en word die twee broers in Parys herenig met hul vader, wat kort daarna weer (met 'n klavieronderwyseres) getroud is. Vanaf die vroeë 1880's het Satie onder meer salonkomposisies deur sy stiefmoeder en homself begin publiseer.

In 1879 betree Satie die Paryse Konservatorium waar hy spoedig deur sy onderwysers as talentloos bestempel word. Georges Mathias, sy professor in klavier aan die konservatorium, het sy leerling se klaviertegniek in negatiewe terme beskryf as: "onbeduidend", "moeisaam" en "waardeloos". Émile Decombes het hom "die luiste student in die Konservatorium" genoem. Satie het jare later vertel dat Mathias, met groot aandrang, vir hom gesê het dat sy ware talent in komponeer lê. Nadat hy twee en 'n half jaar huis toe gestuur is, is hy aan die einde van 1885 (op 19-jarige ouderdom) weer in die Konservatorium opgeneem, maar kon hy nie 'n gunstiger indruk op sy onderwysers maak as voorheen nie, en gevolglik het hy 'n jaar later besluit op militêre diensplig. Satie se militêre loopbaan het egter nie baie lank geduur nie; binne enkele maande is hy ontslaan nadat hy homself doelbewus met brongitis besmet het.in: Mary E. Davis: Erik Satie. Reaktion Books – Critical Lives. (Gepubliseer in Londen deur Reaktion Books, 2007): p.25. .

Montmartre Satie het in 1887 nadat hy 21 geword het van sy vader se woning na Montmartre verhuis.Caroline Potter, Erik Satie: A Parisian Composer and His World (Boydell & Brewer, 2016): p.1. Teen hierdie tyd het hy 'n blywende vriendskap met die romantiese digter José Maria Vicente Ferrer Francisco de Paola Patricio Manuel Contamine begin,Mary E. Davis, Erik Satie (: Reaktion Books, 2007): p.21. en van sy eerste komposisies deur sy vader laat publiseer. Hy het gou met die artistieke klante van die Le Chat Noir Café-kabaret gemeng en sy Gymnopédies gepubliseer.Mary E. Davis,' 'Erik Satie' '(: Reaktion Books, 2007): p.31. Publikasie van komposisies in dieselfde trant (,, ens.) het hierop gevolg. In dieselfde tydperk het hy met Claude Debussy bevriend geraak. Hy het in 1890 na 'n kleiner kamer, ook in Montmartre, (, nou die Musée-Placard d'Erik Satie, verhuis. Teen 1891 was hy die amptelike komponis en kapelmeester van die Ordre de la Rose-Croix Catholique, du Temple et du Graal, wat gelei is deur "Sâr" Joséphin Péladan, en wat gelei het tot komposisies soos , Le Fils des étoiles, en die . Satie het opvoerings gemaak by die Salon de la Rose + Croix wat deur Péladan georganiseer is.

duimnael|links|upright|Karikatuur van Eric Satie deur Santiago Rusiñol, 1891

Teen die middel van 1892 het Satie die eerste stukke in sy eie stelsel van komposisie gekomponeer ( en ), asook insidentele musiek tot 'n ruiterlike esoteriese toneelstuk (twee ). Hy het ook sy eerste 'poets' gepubliseer (en daarmee die première aangekondig van , 'n anti-Wagner-opera wat hy waarskynlik nooit gekomponeer het nie),Steven Moore Whiting, Satie the Bohemian: From Cabaret to Concert Hall (Oxford: Clarendon Press; New York: Oxford University Press, 1999): p. 151. en sy verbintenis met Péladan verbreek en daardie herfs met die Uspud- projek, 'n "Christelike Ballet", in samewerking met Contamine de Latour, begin.Steven Moore Whiting, Satie the Bohemian: From Cabaret to Concert Hall (Oxford: Clarendon Press; New York: Oxford University Press), 1999): p.156. Terwyl sy vriende uit beide die Chat Noir en die Auberge du Clou van Miguel Utrillo met hom gesimpatiseer het, is 'n promosie-brosjure vir die projek vervaardig, wat soos 'n pamflet vir 'n nuwe esoteriese sekte gelees het.

Satie en Suzanne Valadon ('n kunstenaarsmodel, kunstenaar, jarelange vriend van Miguel Utrillo, en moeder van Maurice Utrillo) het vroeg in 1893 'n verhouding aangeknoop. Na hul eerste nag saam wou hy met haar trou; die twee het egter nie getrou nie, maar Valadon het wel na 'n kamer langs Satie aan die verhuis. Satie het versot geraak op haar, en haar sy genoem. Hy het hartstogtelike aantekeninge oor "haar hele wese, lieflike oë, sagte hande en klein voete" geskryf. Gedurende hul verhouding het Satie die Danses gothiques gekomponeer ten einde sy gedagtes te kalmeer,Robert Orledge, Satie the Composer , Cambridge University Press 1990, bl. 11, 157 en Valadon het 'n portret van Satie geskilder wat sy vir hom gegee het. Na ses maande het sy egter weggetrek en Satie agtergelaat. Hy het agterna gesê dat hy "met niks anders as 'n ysige eensaamheid gelos is wat die kop met leegheid vul en die hart met hartseer." Daar word geglo dat dit die enigste intieme verhouding was wat Satie ooit gehad het.

In 1893 het Satie die jong Maurice Ravel vir die eerste keer ontmoet,Robert Orledge, Satie the Composer , Cambridge University Press 1990, p. 250 met Satie se styl van komposisie en invloed wat bespeur kan word uit die eerste komposisies van die jongeling. Een van Satie se eie komposisies uit daardie tydperk, Vexations, sou tot na sy dood onbekend bly. Teen die einde van die jaar het hy die Église Métropolitaine d'Art de Jésus Conducteur (Metropolitaanse kunskerk van Jesus die dirigent) gestig. As die enigste lid daarvan, in die rol van "Parcier et Maître de Chapelle", het hy 'n (later bekend as die Messe des pauvres) gekomponeer en 'n vloed van briewe, artikels en pamflette geskryf wat sy selfversekerdheid wat betref godsdienstige en artistieke aangeleenthede vertoon. Hy het byvoorbeeld twee keer aansoek gedoen om lidmaatskap van die Académie Française en in die aansoekbrief geen twyfel gelaat dat die raad van daardie organisasie (onder voorsitterskap van Camille Saint-Saëns hom as lidmaat moes toelaat. Sodanige gebeure het ongetwyfeld eerder gehelp om sy gewildheid in die kulturele establishment te verwoes.Robert Orledge, Satie the Composer, Cambridge University Press 1990 p.50 In 1895 het hy 'n bietjie geld geërf, sodat hy meer van sy skrywes kon laat druk en van kleredrag kon verander.

Verskuiwing na Arcueil duimnael|upright|Satie, Moulin de la Galette ("Die Boheem"), Ramon Casas, (1891) Teen die middel van 1896 het al Satie se finansiële middele verdwyn, en hy moes goedkoper en baie kleiner losiesplekke neem, eers by die , en twee jaar later, nadat hy die twee eerste stelle van in 1897 gekomponeer het, na Arcueil, 'n voorstad wat ongeveer tien kilometer uit Montmartre geleë is.Robert Orledge, Satie the Composer, Cambridge University Press 1990 p.6 Gedurende hierdie tydperk het hy weer om verskeie praktiese en finansiële redes kontak gemaak met sy broer Conrad en in die proses sy innerlike gevoelens bekendgemaak. Die briewe aan Conrad het duidelik gemaak dat hy godsdienstige idees ter syde gestel het.

Vanaf 1899 het Satie begin geld verdien as 'n kabaretpianis, en meer as honderd populêre komposisies vir klavier of klavier en stem verwerk, en sommige van sy eie bygevoeg. Die gewildste hiervan was , met teks deur Henry Pacory; , met teks deur Vincent Hyspa; , 'n wals; La Diva de l'Empire, met teks deur Dominique Bonnaud/Numa Blès; , 'n mars; , met teks deur Contamine de Latour (nou verlore, maar die musiek verskyn later weer in ); en 'n hele paar andere, waarvan baie verlore gegaan het. In sy latere jare sou Satie al sy kabaretmusiek verwerp,Erik Satie in 'n brief van 17 Januarie 1911 aan sy broer Conrad, aangehaal in Volta 1989 en in Gillmor 1992 (Chronology p. xxix) maar voorlopig was dit 'n inkomstebron.

Slegs enkele komposisies wat Satie ernstig opgeneem het, bly uit hierdie tydperk oor: Jack in the Box, musiek tot 'n pantomime van Jules Depaquit (wat Satie 'n "" noem); , 'n kort komiese opera oor 'n ernstige tema, met teks deur Patrice Contamine de Latour; The Dreamy Fish, klaviermusiek ter begeleiding van 'n verlore verhaal deur Cheminot;Steven Moore Whiting, Satie the Bohemian: From Cabaret to Concert Hall, Oxford: Clarendon Press 1999, p.259 en 'n paar ander wat meestal onvolledig was, met byna nie een daarvan wat opgevoer is nie, en nie een wat destyds gepubliseer is nie.

Beide en The Dreamy Fish is deur Ornella Volta geanaliseer, synde dat dit tekens van wedywering met Claude Debussy bevat, welke Debussy waarskynlik nie eers bewus van was nie omdat hy weinig van sy musiek bekendgemaak het. Intussen het Debussy in 1902 een van sy eerste groot suksesse behaal met .

In Oktober 1905 het Satie aan Vincent d'Indy se Schola Cantorum de Paris ingeskryf Jane F. Fulcher, French Cultural Politics & Music: From the Dreyfus Affair to the First World War, Oxford and New York: Oxford University Press, 1999, p.199. om klassieke kontrapunt te bestudeer terwyl hy steeds sy kabaretwerk voortgesit het. Die meeste van sy vriende was so stomgeslaan soos die professore aan die Schola toe hulle hoor van sy nuwe plan om na die klaskamers terug te keer, veral omdat d'Indy 'n bewonderaar van Saint-Saëns was, wie Satie nie juis gunstig bejeën het nie. Satie sou hierdie kursusse meer as vyf jaar lank as 'n gerespekteerde leerling aan die Schola volg en in 1908 'n eerste (intermediêre) diploma ontvang. Sommige van sy kontrapuntoefeninge in die klas, soos die is na sy dood gepubliseer. 'n Verdere opsomming van die tydperk voor die Schola verskyn ook in 1911: die Trois morceaux en forme de poire, wat 'n tipe kompilasie was van die beste van sy werk wat 1903 voorafgegaan het. duimnael|regs|Erik Satie in 1909.