Antonio Stradivari (Italiaanse fonetiese uitspraak: anˈtɔːnjo stradiˈvaːri; 1644 – 18 Desember 1737) was 'n Italiaanse luitspeler en 'n vakman van strykinstrumente soos viole, tjellos, kitaars, altviole en harpe. Die verlatynse vorm van sy van, Stradivarius, sowel as die informele en alledaagse term Strad word dikwels gebruik wanneer verwys word na sy instrumente. Daar word beraam dat Stradivari 1,116 instrumente vervaardig het, waarvan 960 viole was. Ongeveer 650 instrumente bestaan steeds, insluitende 450 tot 512 viole.

Biografie Familie en vroeë lewe duimnael|Panorama van Cremona, met die prominente Torrazzo di Cremona

Daar word dikwels oor Antonio Stradivari se geboortedatum, wat vermoedelik tussen die jare 1644 en 1649 lê, gedebatteer.

Stradivari stam af van die mees gerekende burgers van Cremona, welke dateer uit minstens die 12de of 13de eeu. Die vroegste vermelding van die familienaam, of 'n variasie daarop, word gevind in 'n grondtoelaag wat dateer uit 1188. Hill et al (1963), p. 3 Daar bestaan verskeie moontlike verklarings vir die oorsprong van die naam; sommige bronne meen dit is die meervoud van stradivare, wat in wese in Lombardies tollenaar beteken, terwyl ander weer van mening is dat die vorm de Strataverta afgelei word van , wat in die dialek van Cremona "oop pad" beteken. Fuller-Maitland et al (1922), pp. 707–12

Antonio se ouers was Alessandro Stradivari, seun van Giulio Cesare Stradivari, en Anna Moroni, dogter van Leonardo Moroni. Chapin, Anna Alice. The Heart of Music: The Story of the Violin. New York: Dodd, Mead en Co., 1921. 268. Hulle het op 30 Augustus 1622 getrou en tussen 1623 en 1628 minstens drie kinders gehad: Giuseppe Giulia Cesare, Carlo Felice en Giovanni Battista. Die doopregisters van die gemeente S. Prospero kom hier tot 'n einde, en derhalwe is dit onbekend of hulle van 1628 tot 1644 kinders gehad het. Hill et al (1963), p. 4 Hierdie leemte kan wees as gevolg van die gesin wat Cremona verlaat het in reaksie op oorlog, hongersnood en pes in die stad van 1628 tot 1630, Hill et al (1963), p. 6 of die rekords kan verlore gegaan het as gevolg van geestelike hervormings wat in 1788 deur Josef II van Oostenryk, Heilige Romeinse keiser, van stapel gestuur is. Pollens (2010), p. 11 Laasgenoemde verklaring word ondersteun deur die woord Cremonensis (van Cremona) op baie van Stradivari se etikette, wat daarop dui dat hy in die stad gebore is in pleks daarvan dat hy bloot daarheen gegaan het om te werk. Pollens (2010), p. 12 Antonio is gebore in 1644, 'n feit wat afgelei kan word van latere viole. Faber (2006), p. 26 Daar is egter geen rekords of inligting beskikbaar oor sy vroeë kinderjare nie, en die eerste bewys van sy aanwesigheid in Cremona is die etiket van sy oudste bestaande viool uit 1666. Faber (2006) p. 25

Stradivari het waarskynlik tussen die ouderdom van 12 en 14 jaar 'n vakleerlingskap begin onder Nicola Amati, Hill et al (1963), p. 27 alhoewel die waarheid hiervan steeds bevraagteken word. Een van die min bewyse wat bestaan en wat dit wel ondersteun is die etiket van sy viool uit 1666, waarop staan Alumnus Nicolai Amati, faciebat anno 1666. Hill et al (1963), p. 26 Stradivari het Amati se naam egter nie herhaaldelik op sy etikette geplaas nie, anders as baie ander studente van Amati. Hill et al (1963), p. 25 Stradivari se vroeë viole het eintlik minder ooreenstemming met Amati s'n as sy latere instrumente. M. Chanot-Chardon, 'n bekende Franse luitmaker, het beweer dat sy vader 'n etiket gehad het van Stradivari wat soos volg lui: "Gemaak op die ouderdom van dertien, in die werkswinkel van Nicolò Amati". Hierdie etiket is nog nooit gevind of bevestig nie. Amati sou ook 'n logiese keuse vir Antonio se ouers gewees het, aangesien hy afkomstig was uit 'n ou familie van vioolmakers in Cremona, en baie beter was as die meeste ander luitmakers in Italië.

Sommige navorsers meen dat daar 'n nouer opvoedkundige verband tussen Antonio Stradivari en Francesco Rugeri bestaan as wat voorheen erken is. Ten spyte van die oordeel dat Antonio Stradivari die leerling van Nicolò Amati was, is daar belangrike verskille tussen hul werk. Sommige navorsers meen dat vroeë instrumente van Stradivari sterker ooreenstem met Francesco Rugeri se werk as dié van Amati. Daarbenewens is die gebruik van 'n klein dorsale pen of klein gaatjie, wat nie slegs deur Nicolò Amati gebruik is nie, maar ook deur al sy bekende leerlinge - met die uitsondering van Antonio Stradivari, verdere bewyse dat Stradivari moontlik sy ambag apart van Amati geleer het. Hierdie pen of gat was fundamenteel in die gradering van die dikte van die plate en was natuurlik 'n tegniek wat deur generasies van leerlinge van die Amati's oorgedra is. Hierdie pen kom ook nie voor in enige instrumente van die Rugeri-familie nie, wat daarop dui dat Antonio Stradivari moontlik sy ambag geleer het onder Francesco Rugeri, alhoewel beide deur Amati beïnvloed is. Carlo Bergonzi: Alla scoperta di un grande Maestro deur Christopher Reuning W.E. Hill & Sons gee toe dat hulle nie enige teken van Stradivari in Nicolo Amati se werk sien nie, alhoewel die onmiskenbare hande van Andrea Guarneri en Francesco Rugeri duidelik daaruit blyk.

'n Alternatiewe teorie is dat Stradivari as 'n houtwerker begin het: die huis waarin hy gewoon het van 1667 tot 1680 was in besit van Francesco Pescaroli, 'n houtsnyer en inlegger. Stradivari is dalk selfs aangewend om Amati se instrumente te versier sonder om 'n ware vakleerling te wees. Hierdie teorie word ondersteun deur sommige van Stradivari se latere viole met uitgebreide versierings. Faber (2006), p. 27

Indien dit aanvaar word dat Stradivari 'n student van Amati was, sou hy in 1656–58 met sy vakleerlingskap begin en sy eerste ordentlike instrumente in 1660 op die ouderdom van 16 vervaardig het. Sy eerste etikette is van 1660 tot 1665 gedruk, wat daarop dui dat sy werk oor voldoende gehalte beskik het sodat dit direk aan sy beskermhere aangebied kon word. Hy het egter waarskynlik tot ongeveer 1684 in die werkswinkel van Amati gebly en die reputasie van sy meester as 'n beginpunt vir sy eie loopbaan gebruik. Hill et al (1963), p. 28

Eerste huwelik duimnael|Antonio Stradivari se tweede woning, by Piazza San Domenico No. 2 Stradivari het op 4 Julie 1667 met sy eerste vrou, Francesca Ferraboschi, in die huwelik getree. Hill et al (1963), p. 8 Francesca was die jong weduwee van die burgher Giacomo Capra by wie sy twee kinders gehad het. Francesca se broer het Giacomo in 1664 met 'n kruisboog op die Piazza Garibaldi (voorheen die Piazza Santa Agata) geskiet. Hy is later verban, alhoewel hy baie jare later weer na Cremona kon terugkeer. Faber (2006), p. 28 Na hul huwelik het Stradivari verhuis na 'n huis wat bekend staan as die Casa del Pescatore, oftewel die Casa Nuziale, in sy vrou se gemeente. 'n Aanduiding van hoe hulle kon ontmoet het, lê in die sensus van 1659, met die Ferraboschi-familiewoning wat aangeteken word as vier huise van die Amati-woning af. Die egpaar het drie tot vier maande later 'n dogter, Giulia Maria, gehad. Hill et al (1963), p. 10 Hulle het in die huis gebly tot 1680, waartydens hulle nog vier kinders gehad het: Catterina, Francesco, Alessandro en Omobono Stradivari, sowel as 'n babaseun wat slegs 'n week geleef het. Fuller-Maitland et al (1922), pp. 707–12

Stradivari het omstreeks 1680 'n huis wat tans bekend staan as Piazza Roma no. 1 (voorheen Piazza San Domenico no. 2) vir die bedrag van 7000 lire gekoop, waarvan hy 2000 ten tyde van die aankoop betaal het. Die totale aankoopprys van die huis was teen 1684 afbetaal. Die woning was nie ver weg van dié van verskeie ander families van Cremona wat ook viole gemaak het nie, soos die Amati's en die Guarneri's. Pollens (2010), p. 22 Stradivari het waarskynlik op die solder gewerk, en die res van sy lewe in hierdie huis gebly. Hill et al (1963), p. 12. 'n Besoek aan die solder word beskryf deur HR Haweis in My Musical Life (1892), pp. 322–28 .

Stradivari se vrou Francesca is op 20 Mei 1698 oorlede en vyf dae later begrawe. Pollens (2010), p. 26

Tweede huwelik Stradivari is op 24 Augustus 1699 met sy tweede vrou, Antonia Maria Zambelli, getroud. Die enigste inligting wat oor haar beskikbaar is, is dat sy 35 jaar oud was tydens die huwelik. Hulle het van 1700 tot 1708 vyf kinders gehad - Francesca Maria, Giovanni Battista Giuseppe, Giovanni Battista Martino, Giuseppe Antonio en Paolo.

Afsterwe Stradivari het op 18 Desember 1737 in Cremona op 93-jarige leeftyd gesterf. Hy is begrawe in die kerk van San Domenico.Faber (2006), p. 59 Die graftombe is agt jaar voor sy dood aangeskaf nadat dit by 'n Cremonese-familie aangekoop is en die grafskrif daarvan bloot verander is.

Testament Stradivari het gedurende sy leeftyd aansienlike rykdom bymekaargemaak. Sy testament, gedateer 1729, lys agt lewende erfgename, waaronder sy vrou. Zambelli het haar klere, beddegoed, huishoudelike artikels en die helfte van haar juwele ontvang. Antonia sou die verantwoordelikheid van sy twee oudste seuns word. Annunciata Caterina het haar juweliersware, klere, linne en inkomste op lenings ontvang. Paolo, die jongste kind, sou ses voltooide viole kry - ter waarde van 1 000 lire - sowel as huishoudelike besittings en kontant. Drie ander kinders wat by godsdienstige ordes aangesluit het; naamlik Maria, 'n non, sou 'n annuïteit kry; Alessandro, 'n priester, sou 'n vaste inkomste op 'n huislening ontvang; en Giuseppe, 'n ander priester, sou 'n inkomste op 'n halwe aandeel uit 'n banketbakkery ontvang. Daar was ook jaarlikse betalings aan sy twee seuns van onderskeidelik 150 en 300 lire elk en 170 lire vir Annunciata asook 100 lire vir Francesca. Shoenbaum, David, The Violin: A Social History of the World's Most Versatile Instrument , Norton , 2013, p. 30

Sy oorblywende twee seuns uit sy eerste huwelik het albei in die familiewinkel gewerk. Omobono, wat die woning op 18-jarige ouderdom verlaat het op soek na nuwe werksmoontlikhede in Napels, sou ses viole erf, en Francesco, wat as die opvolger van sy vader aangewys is, sou die res van die landgoed erf, insluitend al die gereedskap, voltooide viole, patrone en - oënskynlik - die reputasie van sy vader. Shoenbaum, David, The Violin: A Social History of the World's Most Veelsydige Instrument, Norton, 2013, p. 31 In 1733 het hy vir sy jongste seun 'n vennootskap in 'n plaaslike tekstielfirma vir die aansienlike bedrag van 25 000 lire aangekoop.

Loopbaan Vroeë loopbaan Stradivari het waarskynlik sy eie styl met verloop van tyd ontwikkel. Sommige van sy vroeë viole was kleiner. 'n Noemenswaardige uitsondering hierop is die viool uit 1679, die Hellier Stradivarius (Hellier), wat oor baie groter proporsies beskik. Hill et al (1963), p. 33 Stradivari se vroeëre (voor 1684) viole kontrasteer sterk met Amati se instrumente uit dieselfde tydperk; Stradivari se instrumente beskik oor 'n sterker, meer manlike bouvorm en minder afgeronde kurwes. Hill et al (1963), p. 34 Pollens (2010), p. 16