Bartolomeus (Aramees: ܒܪ ܬܘܠܡܝ; Antieke Grieks: Βαρθολομαῖος (geromaniseer: Bartholomaîos); Latyn: Bartholomaeus; Armeens: Բարթողիմէոս; Kopties: ⲃⲁⲣⲑⲟⲗⲟⲙⲉⲟⲥ; Hebreeus: בר-תולמי (transliterasie, bar-Tôlmay); Arabies: بَرثُولَماوُس (geromaniseer: Barthulmāwus) ) was ingevolge die Nuwe Testament een van die twaalf apostels van Jesus. Hy is ook geïdentifiseer as Nathanael of Nataniël, wat in die Evangelie volgens Johannes verskyn wanneer hy bekendgestel word aan Jesus deur Filippus (wat ook 'n apostel sou word; Johannes 1:43–51), alhoewel verskeie moderne kommentators die gelykstelling van Nathanael met Bartolomeus verwerp.
Volgens die Synaxarium van die Koptiese Kerk word Bartolomeus se martelaarskap herdenk op die eerste dag van die Koptiese kalender (d.w.s. die eerste dag van die maand van Thout), wat tans val op 11 September (dit kom ooreen met 29 Augustus in die Juliaanse kalender). Die Oosterse Christendom herdenk hom op 11 Junie en die Katolieke Kerk op 24 Augustus. Die Kerk van Engeland en ander Anglikaanse Kerke eer hom ook op 24 Augustus.
Die Armeense Apostoliese Kerk herdenk Bartolomeüs saam met Sint Thaddeus as hul beskermheiliges. Bartolomeus is Afrikaans vir Bar Talmai; (Grieks: Βαρθολομαῖος, getranslitereer as Bartholomaios in Grieks) dit kom uit die Aramees: בר-תולמי "bar-Tolmay", Hebreeus: "seun van Talmai", of boer, "seun van die vore". Bartolomeus word gelys as een van die Twaalf Apostels van Jesus in die drie sinoptiese evangelies: Matteus,Markus, en Lukas, en verskyn ook as een van die getuies tot die Hemelvaart van Jesus; tydens elke geleentheid word hy egter genoem in die teenwoordigheid van Filippus. Hy word nie genoem onder die naam "Bartolomeus" in die evangelie van Johannes nie, en ook is daar nie 'n vroeë Acta Sanctorum nie, die vroegste is geskryf deur 'n skrywer, Pseudo-Abdias, wat die identiteit van Abdias van Babilon aangeneem het en aan wie die Sint-Thierry- (Reims, Bibl. mun., ms 142) en Pseudo-Abdias manuskripte toegeskryf word.
In die kunste word Bartolomeus meestal uitgebeeld met 'n baard en krullerige hare ten tyde van sy martelaarskap. Ingevolge die legendes is hy lewendig ontvel en onthoof, en derhalwe word hy dikwels uitgebeeld waar hy sy vel of die gebuigde flensmes waarmee hy ontvel is vashou.
Nuwe Testamentiese verwysings In die Ooste, waar die evangeliese arbeid van Bartolomeus te berde gebring is, word hy geïdentifiseer as Nathanael, in die werke van Abdisho bar Berika (dikwels bekend as 'Ebedjesu' in die Weste), die 14de eeuse Nestoriaanse metropool van Soba, en Elias, die biskop van Damaskus. Natanael word slegs in die Evangelie van Johannes genoem. In die Sinoptiese Evangelies word Filippus en Bartolomeus altyd saam genoem, terwyl Nathanael nooit genoem word nie. In Johannes se evangelie word Filippus en Nathanael egter ook saam genoem. Giuseppe Simone Assemani merk spesifiek op: "die Chaldeërs vereenselwig Bartolomeus met Nataniël." Sommige Bybelkenners verwerp egter hierdie identifikasie.
Verwysings
Notas
Bronnelys
Verdere leeswerk
Eksterne skakels
Die Martelaarskap van die heilige en glorieryke Apostel Bartolomeüs, toegeskryf aan Pseudo-Abdias, een van die mindere kerkvaders Bartolomeüs in Indië Bartolomeüs by die Christelike Ikonografie webwerf. "The Life of St. Bartholomew the Apostle" in the Caxton translation of the Golden Legend
Kategorie:Christendom