Melt Sieberhagen is 'n Suid-Afrikaanse akteur, komediant, stemkunstenaar en regisseur. Hy is in Ventersdorp gebore.
Opleiding Hy behaal in 2001 'n B.A.-graad in drama aan die Universiteit van Pretoria .
Filmografie
Televisie-optredes Hy het in verskeie Suid-Afrikaanse sepies gespeel, asook die Afrikaanse komediesketsprogram Kompleks II. Hy was ook deel van die vaste rolverdeling van Proesstraat. Hy het ook in televisie-advertensies vir Cell C, TOPS @ Spar, Bioplus, McCarthy Call-a-car en Wimpy verskyn. As stemkunstenaar het hy ook tot verskeie televisieprogramme, advertensies en radioadvertensies bygedra.
Rolprentverskynings
Superhelde District 9 Footskating 101 Poena is koning O Schuks...I'm Gatvol! (2004)
Verwysings
Kategorie:Afrikaners Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs Kategorie:Lewende mense Kategorie:Alumni van die Universiteit Pretoria