duimnael|Ioniese suile vorm die ingang tot Sicilian Avenue Sicilian Avenue is 'n voetgangers- en winkellaan in die Londense stadsdeel Holborn wat diagonaal tussen die strate Southampton Row en Bloomsbury Way loop. Die laan is in 1906 deur die argitek Robert Worley (1850–1930) in 'n monumentele Edwardiaanse styl ontwerp en vier jaar later voltooi. Vir die kolonnades en torinkies van geboue langs die laan is Italiaanse marmer gebruik. Die laan is 'n gepaste omgewing vir onder meer Italiaanse restautante, alhoewel geen van die besighede in Sicilian Avenue 'n regstreekse verbintenis met die eiland Sisilië het.
Eksterne skakels Amptelike webtuiste
Sicilian Avenue (word tans hersien) Toerisme
Londonist.com: London's Italian Street: Sicilian Avenue Times of Sicily: Sicilian Avenue (London) Nuwe ontwerp en restourasie 2015–2017
Mica Architects: Sicilian Avenue Tate Hindle Architects: Sicilian Avenue Argitektoniese erfenis
Historic England: 6–20, Sicilian Avenue
Kategorie:Strate van Londen