Jacobus Phillipus Fouché (29 November 1967) is 'n Afrikaanse skrywer.

Beknopte biografie Fouché is op 29 November 1967 in Klerksdorp gebore as die oudste van drie seuns van Koos en Magrietha Fouché. Hy begin sy skoolloopbaan in 1974 in Vereeniging en matrikuleer in 1985 aan die Hoërskool Hermanus. Sy vader was in diens van die Departement van Justisie en is gereeld verplaas, met die gevolg dat die gesin in verskillende dorpe gewoon het voordat Fouché die huis verlaat het. Hy het grootgeword op Bronkhorstspruit, Vereeniging, Sterkstroom en Hermanus.

Hy ontvang in 1997 die Eugène Marais-prys vir Die ryk van die rawe en in 2012 behaal hy derde prys in NB Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd vir sy roman Verstevlei. In 2021 behaal hy die eerste prys in laasgenoemde kompetisie vir sy roman, Simoelégri: stad van onrus.

Werke Die ryk van die rawe (roman), 1996, Kaapstad: Queillerie Paartie by Jake’s (kortverhale), 1997, Kaapstad: Queillerie Die avonture van Pieter Francken (roman), 2005, Tafelberg-uitgewers 2 dae in Mei (novelle), 2007, Roggebaai, Umuzi Ed van Inligtingstelsels: ’n kantoorwerkersroman (roman), 2009, LAPA Skrywersblok en ander verhale (kortverhale), 2009, Protea Boekhuis Die Grysland-verblyf: ’n novelle (novelle), 2010, Kaapstad: Kwêla Verstevlei (roman), 2013, Kaapstad: Human & Rousseau Siobhán van die sirkus (tienerfiksie), 2014, Kaapstad: Human & Rousseau Somer (tienerfiksie), 2018, Kaapstad: Human & Rousseau Aanspreeklikheid (roman), 2020, Kaapstad: Human & Rousseau Simoelégri: stad van onrus (roman), 2021, Kaapstad, Human & Rousseau (Wenner van die 2021 Groot Afrikaanse Romanwedstryd) Die katartiese metode (roman), 2025, Protea Boekhuis

Vertalings deur Jaco Fouché Jooste, Pamela: Môrester. Kaapstad: Umuzi, 2007 (sb) Kleinboer: Midnight missionary. Kaapstad: Zebra Press, 2007 Liebenberg, Danila: Nuut op die boekrak

Verwysings

Eksterne skakels Fouché se blad by NB-uitgewers

Kategorie:Geboortes in 1967 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaanse skrywers