Die Toearegtale (ⵜⴰⵎⴰⵌⴰⵆ, Tamasjek/Tamajak/Tamahak) is 'n taalgroep van nou verwante Berbertale en -dialekte. Hulle word deur die inheemse Toearegs in die Saharawoestyn van Mali, Niger, Algerië, Libië en Burkina Faso gebesig. Soms word dit as een taal beskou wat uit aparte dialekte bestaan, aangesien almal onderling verstaanbaar is. Van die Toearegtale word met die Tifinagh-skrif, die Arabiese of die Latynse alfabet geskryf.
Die Toearegtale word in die volgende vier dialekte/tale ingedeel: Noordelike Toeareg Tamasjek/Tahaggart (Tămahăqq/Tăhăggart, Algerië, Libië, Niger, 62 000) Suidelike Toeareg Tamasjek (Tămášăqq, Mali, Burkina Faso, 280 000) Tamasjek/Tayart (Tămášăqq, Niger, 250 000) Tamasjek/Tawallammat (Tawəlləmmətt, Niger, 640 000)
Eksterne skakels
Kategorie:Berbertale Kategorie:Taalfamilies Kategorie:Tale van Algerië Kategorie:Tale van Burkina Faso Kategorie:Tale van Libië Kategorie:Tale van Mali Kategorie:Tale van Niger