Prins Franz Wilhelm van PruiseIn 1919 het koninklikes en adellikes in Duitsland hulle titels verloor; oorerflike titels kan sedertdien net as vanne gebruik word, volgens Artikel 109 van die Grondwet van Weimar. Aanspreekvorms soos "majesteit" en "hoogheid" is nie behou nie. (Franz Wilhelm Victor Christoph Stephan Prins van Pruise; gebore 3 September 1943) is ’n Duitse sakeman en lid van die Huis van Hohenzollern, die voormalige keisershuis van Duitsland en koningshuis van Pruise. Van 1976 tot 1986 was hy bekend as groothertog Michail Pawlowitsj van Rusland.Eilers, Marlene. Queen Victoria's Descendants. Rosvall Royal Books, Falkoping, Swede, 1997. pp. 84, 121, 127, 172–173. As ’n agterkleinseun van Wilhelm II van Duitsland is hy ook ’n agter-agter-agterkleinkind van koningin Victoria en ’n verlangse neef van Charles, Prins van Wallis.

Persoonlike lewe Prins Franz Wilhelm is op 4 September 1976 op ’n burgerlike seremonie en op 22 September 1976 op ’n godsdiensseremonie getroud met sy verlangse niggie, groothertogin Maria Wladimirowna van Rusland (’n agter-agter-kleindogter van koningin Victoria).Genealogisches Handbuch des Adels, Fürstliche Häuser Band XIV. "Haus Preussen". C.A. Starke Verlag, 1997, p. 123, 153. Willis, Daniel A., The Descendants of King George I of Great Britain, Clearfield Company, 2002, p. 575, 696. Hy het hom voor sy huwelik tot die Russies-Ortodokse geloof bekeer en is ’n groothertog van Rusland met die naam Michail Pawlowitsj gemaak deur sy skoonpa, groothertog Wladimir Kirillowitsj van Rusland.De Badts de Cugnac, Chantal. Coutant de Saisseval, Guy. Le Petit Gotha. Nouvelle Imprimerie Laballery, Parys 2002, pp. 77, 99, 111, 799. (Frans) Massie, Robert K. The Romanovs: The Final Chapter. Jonathan Cape, 1995, pp. 263–264, 269–270, 274. , OCLC 185630578. Prins Franz Wilhelm en groothertogin Maria het een seun (groothertog Georgi) gehad voordat hulle in 1985 geskei is. Hy het daarna sy ou titel teruggeneem. Hy is in 2019 met Nadia Nour getroud.

Sien ook Lys van groothertoë van Rusland

Verwysings

Skakels Huis van Hohenzollern

Kategorie:Huis van Hohenzollern Kategorie:Geboortes in 1943