Die Metamorfoses (Latyn: Metamorphōseōn librī, "Boeke van Transformasies") is ’n 8ste-eeuse Latynse verhalende gedig deur die antieke Romeinse digter Ovidius wat as sy magnum opus (meersterswerk) beskou word. Dit bestaan uit 11 995 reëls, 15 boeke en meer as 250 mites, en vertel die geskiedenis van die wêreld van sy skepping tot die vergoddeliking van Julius Caesar binne ’n losweg mities-historiese raamwerk.
Hoewel dit aan die kriteria vir ’n epiese gedig voldoen, kan die werk nie in ’n eenvoudige genre geklassifiseer word nie deurdat dit verskillende temas en tone gebruik. Ovidius het inspirasie vir sy werk gekry uit die genre metamorfosepoësie, en sommige van die Metamorfoses is ontleen aan vorige behandelings van dieselfde mites; hy het egter aansienlik van al dié modelle afgewyk.
Die Metamorfoses is een van die invloedrykste werke in die Westerse kultuur, en het baie skrywers soos Dante Alighieri, Giovanni Boccaccio, Geoffrey Chaucer en William Shakespeare beïnvloed. Talle episodes van sy gedig is uitgebeeld in bekende werke in beeldhoukuns, skilderkuns en musiek. Hoewel belangstelling in Ovidius ná die Renaissance afgeneem het, was daar teen die einde van die 20ste eeu ’n herlewing in aandag vir sy werk. Vandag inspireer die Metamorfoses steeds en word dit in verskeie media oorvertel. Daar was al talle vertalings van sy werk, waarvan dié van William Caxton in 1480 die eerste in Engels was.More, Brookes. Commentary by Wilmon Brewer. Ovid's Metamorphoses (Translation), pp. 353–86, Marshall Jones Company, Francestown, NH, hersiene uitg, 1978. .
Inhoud thumb|links|240px|’n Houtsneewerk deur Virgil Solis wat die vergoddeliking van Julius Caesar uitbeeld; dit is die laaste vertelling in Metamorfoses (XV.745-850). Dit is vir geleerdes moeilik om die Metamorfoses in ’n spesifieke genre te plaas. Die gedig is as ’n epos (of soort epos of skyn-epos) beskou;Farrell 1992, p. 235. ’n Kollektivgedicht wat ’n reeks voorbeelde in miniatuurvorm saamvoeg;Wheeler 2000, p. 1. ’n gedig wat een genre ná die ander gebruik;Solodow 1988, pp. 17–18. of bloot ’n vertelling wat nie gekategoriseer kan word nie.Galinsky 1975, p. 41.
Die gedig word gewoonlik beskou as voldoenende aan die kriteria vir ’n epos; dit is baie lank en bestaan uit meer as 250 vertellings in 15 boeke;Galinsky 1975, p. 4. dis is in die vorm van ’n daktiliese heksameter, die metrum van beide die antieke Ilias en Odussee, en die latere epos Aeneïde; en die onderwerp daarvan is mites.Harrison 2006, p. 87. Dit gebruik egter feitlik elke soort genre,Solodow 1988, p. 18. van die epos en heldedig tot die tragedie en herdersdig.Harrison 2006, p. 88. Volgens G. Karl Galinsky sal dit verkeerd wees om dit in enige genre te plaas.
Die Metamorfoses is omvattend in sy chronologie; dit vertel verhale van die skepping van die wêreld tot die dood van Julius Caesar, wat net ’n jaar voor Ovidius se geboorte plaasgevind het. Dit is al vergelyk met werke van "universele geskiedenis", wat in die 1ste eeu v.C. belangrik geword het.
Ondanks die oënskynlik ononderbroke chronologie, het die geleerde Brooks Otis vier afdelings in die vertelling geïdentifiseer:Otis 2010, p. 83. Boek I – Boek II (einde, reël 875): Die Goddelike Komedie Boek III – Boek VI, 400: Die Wrekende Gode Boek VI, 401 - Boek XI (einde, reël 795): Die Patos van die Liefde Boek XII - Boek XV (einde, reël 879): Rome en die Vergoddelikte Heerser
Ovidius baan sy pad deur sy materiaal, dikwels op ’n oënskynlik lukrake manier deur van een transformasieverhaal tot die volgende te spring; soms hervertel hy wat beskou word as sentrale gebeurtenisse in die wêreld van Griekse mitologie en soms wyk hy in vreemde rigtings af. Dit begin met die rituele "aanroeping van die muse", en maak gebruik van tradisionele byname en omskrywings. Maar in plaas daarvan dat dit die dade van ’n menslike held volg, spring dit van een storie tot die volgende sonder veel van ’n verband.
Die repeterende tema is, nes in al Ovidius se werke, die liefde – persoonlike liefde of liefde verpersoonlik in die figuur van Amor (Kupido). Eintlik verwar, verneder en bespot Kupido voortdurende die ander Romeinse gode, al is hy andersins ’n redelik minderwaardige god van die panteon – en dit is so na aan ’n held as wat dié vermeende skyn-epos het. Veral Apollo word bespot, want Ovidius wys hoe irrasionele liefde die god verwar. Die werk in sy geheel keer die aanvaarde orde op sy kop – dit verhoog mense en menslike passies en maak die gode en hulle begeertes en verowerings die onderwerp van humor.
Die Metamorfoses eindig met ’n epiloog (Boek XV.871-9); dit is net een van twee Latynse eposse wat bewaar gebly het wat ’n epiloog het (die ander een is Statius se Tebaïs).Meville 2008, p. 466. Die einde dien as verklaring dat alles behalwe sy poësie – selfs Rome – moet terugwyk voor verandering:Melville 2008, p. xvi.
Now stands my task accomplished, such a workAs not the wrath of Jove, nor fire nor sword Nor the devouring ages can destroy. (Engelse vertaling)Melville 2008, p. 379.
Boeke thumb|200px|’n Uitbeelding van die verhaal van Pigmalion, Pigmalion bewonder sy standbeeld deur Jean Raoux (1717). thumb|200px|Apollo en Daphne (omstreeks 1470–1480), deur Antonio Pollaiuolo, is een verhaal van gedaantewisseling in die Metamorfoses – hy het haar vurig begeer en sy het ontsnap deur in ’n lourierboom te verander. Boek I – Die Skepping, die Tydperke van die Mensdom, die Vloed, Deukalion en Pirra, Apollo en Dafne, Io, Faëton. Boek II – Faëton (verv.), Kallisto, die raaf en die kraai, Osiroë, Mercurius en Battus, die afguns van Aglauros, Jupiter en Europa. Boek III – Kadmus, Diana en Aktaion, Semele en die geboorte van Bacchus, Teiresias, Narsissus en Eggo, Penteus en Bacchus. Boek IV – Die dogters van Minias, Piramus en Tisbe, die Son verlief, Salmakis en Hermafroditos, die dogters van Minias getransformeer, Atamas en Ino, die transformasie van Kadmus, Perseus en Andromeda. Boek V – Perseus se geveg in die paleis van Sefeus, Minerva ontmoet die Muses op berg Helikon, die verkragting van Proserpina, Aretusa, Triptolemus. Boek VI – Aragne; Niobe; die Liciese boere; Marsias; Pelops; Tereus, Prokne en Filomela; Boreas en Oreituïa. Boek VII – Medea en Jason, Medea en Aison, Medea en Pelias, Teseus, Minos, Aiakos, die pes by Egina, die Mirmidone, Sefalos en Prokris. Boek VIII – Skilla en Minos, die Minotourus, Daidalos en Ikaros, Perdix, Meleagros en die Kaludoniese wildevark, Altaia en Meleagros, Acheloos en die Nimfe, Baucis en Filemon, Erusigton en sy dogter. Boek IX – Acheloos en Hercules; Hercules, Nessus en Deianeira; die dood en vergoddeliking van Hercules; die geboorte van Hercules; Driope; Iolaos en die seuns van Kallirroë; Biblis; Ifis en Iante. Boek X – Orfeus en Euridike, Kiparissos, Ganumedes, Hiakintos, Pigmalion, Mirra, Venus en Adonis, Atalanta. Boek XI – Die dood van Orfeus, Midas, die stigting en vernietiging van Troje, Peleus en Thetis, Daidalion, die beeste van Peleus, Keüuks en Alkione, Aisakos. Boek XII – Die ekspedisie teen Troje, Achilles en Kiknos, Kaineus, die geveg van die Lapiete en Sentoure, Nestor en Hercules, die dood van Achilles. Boek XIII – Ajaks, Odusseus en die wapens van Achilles; die val van Troje; Hekabe, Poluksena en Polidoros; Memnon; die pelgrimstog van Eneas; Akis en Galatea; Skilla en Glaukos. Boek XIV – Skilla en Glaukos (verv.), die pelgrimstog van Eneas (verv.), die eiland Kirke, Pikos en Kanens, die triomf en vergoddeliking van Eneas, Pomona en Vertumnus, legendes van vroeë Rome, die vergoddeliking van Romulus. Boek XV –Numa en die stigting van Krotone, die leerstellings van Pythagoras, die dood van Numa, Hippolitos, Kipos, Asklepios, die vergoddeliking van Julius Caesar, epiloog.Melville 2008, pp. vii–viii.
Temas Vanweë die verskillende genres en afdelings in die vertelling dek Metamorfoses ’n groot verkeidenheid temas. Stephen M. Wheeler merk op "gedaantewisselings, veranderlikheid, die liefde, geweld, kunstigheid en mag is maar net ’n paar van die verenigende temas wat oor die jare voorgestel is".Wheeler 1999, p. 40.
Metamorfose, of gedaantewisseling, is ’n oorkoepelende tema in die episodes van die Metamorfoses. Ovidius sê duidelik in die openingsreëls: In nova fert animus mutatas dicere formas / corpora ("Ek is van voorneme om van vorme te praat wat in nuwe entiteite verander"). Geweld gaan dikwels met dié tema gepaard – geweld teenoor ’n slagoffer wie se gedaantewisseling deel van die natuurlike omgewing geword het. Dié tema smelt die wedywering tussen die jagter en die een wat gejag wordSegal, C.P. Landscape in Ovid’s Metamorphoses (Wiesbaden, 1969) 45 en die tematiese spanning tussen kuns en die natuur saam.Solodow, J.B. The World of Ovid’s Metamorphoses (Chapel Hill, 1988) 208–13
Daar is ’n groot verskeidenheid in die soorte transformasies wat plaasvind: van mens tot lewelose voorwerp, sterrebeeld, dier; van diere en swamme tot mens; van geslag; en van kleur. Die metamorfoses self kom dikwels metatekstueel binne die gedig voor, deur middel van veranderings in die grammatika of vertelling. Ander kere word transformasies ontwikkel in humor of absurditeit, op so ’n manier dat die leser stadigaan "besef hy is geflous”,Galinsky 1975, p. 181 of die aard van die transformasie word bevraagteken of omgeswaai. Dié verskynsel is bloot een aspek van Ovidius se uitgebreide gebruik van illusie en vermomming.Von Glinski, M.L. Simile and Identity in Ovid’s Metamorphoses . Cambridge: 2012. p. 120 inter alia
Invloed
Die Metamorfoses het ’n aansienlike invloed op letterkunde en die kunste gehad, veral in die Weste. Volgens A.D. Melville is dit te betwyfel "of enige gedig so ’n groot invloed op die letterkunde en kuns van die Westerse beskawing gehad het as die Metamorfoses".Melville 2008, pp. xxxvi–xxxvii. Hoewel baie van die stories se oorsprong nie by Ovidius self lê nie, maar by skrywers soos Hesiodus and Homerus, is die gedig die enigste bron van ander stories.
Die werk het ’n groot invloed op die werk van Geoffrey Chaucer gehad. In The Canterbury Tales word die storie van Koronis en Foibos Apollo (Boek II 531–632) aangepas om die basis van "The Manciple's Tale" te vorm.Benson 2008, p. 952. Die verhaal van Midas (Boek XI 174–193) is aansienlik verander in "The Wife of Bath's Tale", en daar word daarin na die mite verwys.Benson 2008, p. 873. Die storie van Keüuks en Alkione (uit Boek XI) word deur Chaucer aangepas in sy gedig The Book of the Duchess, wat geskryf is om die dood van Blanche, die Hertogin van Lancaster en vrou van Jan van Gent, te gedenk.
Die Metamorfoses het ook ’n aansienlike invloed op William Shakespeare gehad.Melville 2008, p. xxxvii. Sy Romeo en Juliet is beïnvloed deur die storie van Piramus en Tisbe (Boek IV); en in ’n Midsomernagdroom voer amateurakteurs ’n toneelstuk oor Piramus en Tisbe op. Shakespeare se vroeë erotiese gedig Venus en Adonis brei uit op die mite in Boek X van die Metamorfoses. In Titus Andronicus word die storie oor Lavinia se verkragting gekry uit Tereus se verkragting van Filomela, en die teks van die Metamorfoses word in die toneelstuk gebruik om Titus in staat te stel om sy dogter se storie te vertolk. Die grootste deel van Prospero se toespraak in die vyfde bedryf van Die Storm kom woord vir woord uit ’n toespraak van Medea in Boek VII van die Metamorfoses.
thumb|220px|Diana en Kallisto, deur Titiaan (1556-'59). Ander Engelse skrywers vir wie die Metamorfoses as inspirasie gedien het, is onder andere John Milton, wat dit gebruik het in Paradise Lost (wat as sy magnum opus beskou word) en dit blykbaar goed geken het,Meville 2008, p. xxxvii.Meville 2008, pp. 392–93. asook Edmund Spenser.