Die Gwayirivier (ook Gwaairivier en Gwairivier) vloei in Matabeleland in Zimbabwe.

Hierdie rivier ontspring 'n 10 km wes van Bulawayo, net noord van Figtree en die Matopos. Dit sluit net wes van die stumeer van die Karibadam by die Zambezirivier aan.

Zimbabwe bestaan uit 'n hoë plato waarvan riviere in drie rigtings vloei, naamlik noordwaarts na die Zambezi, suidwaarts na die Limpoporivier en suidooswaarts deur Mosambiek na die Indiese Oseaan. Die vier grootste riviere wat na die Zambezi vloei, is die Gwayi, die Sanyatirivier, die Manyamerivier en die Mazowerivier.

Kategorie:Riviere in Zimbabwe