Bhili (भीली) is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 3,2 miljoen mense in die westelike Sentraal-Indië se deelstate Rajasthan, Gujarat, Maharashtra en Madhya Pradesh gebesig word. Van die ander name vir dié taal sluit in Bhagoria en Bhilboli; verskeie variëteite word Garasia genoem. Bhili behoort aan die Bhil-tale wat verwant is aan Gujarati en Rajasthani. Die taal word met die Devanagari-alfabet geskryf, maar soms word ook die Gujarati-alfabet gebruik.
duimnael|links|'n Voorbeeld van Bhili Wagdi en Bareli is die belangrikste dialekte van Bhili. Die term "Bhili" is afkomstig van die Drawidiese woord Vil wat "boog" beteken en na die boog-mense verwys.
Verwysings
Kategorie:Indo-Ariese tale Kategorie:Tale van Indië