Rajasthani (राजस्थानी, Rājasthānī) verwys na 'n groep Indo-Ariese tale en dialekte wat veral in die Indiese deelstaat Rajasthan en aangrensende gebiede van Haryana, Punjab, Gujarat en Madhya Pradesh in Indië gebesig word. In die Pakistanse provinsies Sindh en Punjab word ook Rajasthani gebesig. Census of India, 2001. Rajasthan. New Delhi: Government Press Rajasthani word deur sowat 50 miljoen mense gebesig. Op watter wyse Rajasthani van Hindi verskil is omstrede, al is vir die erkenning van Rajasthani as 'n eie taal deur die Indiese regering gepleit. Rajasthani is nou verwant aan Marwari.

duimnael|links|Twee jong Lambada-mans van Telangana wat in Lambadi, 'n Rajasthani-dialek, met mekaar gesels Rajasthani is al as 'n dialek van Hindi beskou. Reeds aan die begin van die 20ste eeu het taalkundiges dit as 'n taal op sy eie beskou. Later het taalkundiges saamgestem dat Rajasthani eintlik 'n groep dialekte is of selfs 'n groep geografies aangrensende en nou verwante tale, waardeur dit ook as 'n taalgroep beskou kan word.

Rajasthani het geen amptelike standaardisering ondergaan nie en word gekenmerk deur 'n dialekkontinuum wat byvoorbeeld die aangrensende Gujarati, Bhili en Hindi insluit. Die hoofddialek of taal Marwari is die mees gebesigte dialek of taal van Rajasthani.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Indo-Ariese tale Kategorie:Tale van Indië