Die Straat van Makassar (Indonesies: Selat Makassar) is ’n seestraat tussen die eilande Borneo en Soelawesi in Indonesië. In die noorde sluit dit by die Celebessee aan en in die suide by die Javasee. Die Mahakam- en Karanganrivier van Borneo loop in die seestraat uit.

Hawestede aan die Straat van Makassar sluit in Balikpapan en Bontang in Borneo, en Makassar, Paloe en Parepare in Soelawesi. Die stad Samarinda is 48 km van die seestraat af.

Eksterne skakels

Kategorie:Seestrate Kategorie:Geografie van Indonesië Kategorie:Stille Oseaan