Die pienkvarkoor (Zantedeschia rehmannii) is ’n spesie in die aronskelkfamilie, Araceae.
Beskrywing Dit is 'n knoldraende, meerjarige plant wat 20 tot 60 cm hoog word. Die blomme is 'n lang smal are van 3-4 cm en word omsluit deur 'n tregtervormige, leeragtige wit of donkerpienk skutblaar. Die blare is smal elipties. Die plant groei in rotsagtige grasveld bosrande.
Verspreiding Die plant is inheems aan die Vrystaat, Gauteng, KwaZulu-Natal en Mpumalanga. Dit is ook inheems in Eswatini en Mosambiek. In Engels staan dit as die Purple arum bekend.
Galery
Bronnelys Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika, John Manning, Briza Publikasies, REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Sierplante rehmannii Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika