Moeketsi Majoro (gebore 3 November 1961) is 'n Mosotho ekonoom en politikus wat sedert Mei 2020 as die premier van Lesotho dien. Hy was voorheen die Minister van Finansies in die kabinet van Tom Thabane van 2017 tot 2020. Sedert die 2017-verkiesing verteenwoordig Majoro die Thetsane-kiesafdeling no. 33 in die Nasionale Vergadering. Hy was voorheen 'n senator en die Minister van Ontwikkelingsbeplanning van 2013 tot 2015. Majoro is 'n lid van die All Basotho Convention (ABC). Vroeë lewe en opvoeding Moeketsi Majoro is op 3 November 1961 in Tsikoane, Leribe-distrik, in Basoetoland gebore. Hy het 'n B.A.-graad in ekonomie aan die Nasionale Universiteit van Lesotho behaal en toe beide 'n PhD in natuurhulpbronekonomie en 'n meestersgraad in landbou-ekonomie aan die Washington State University verwerf.

Loopbaan duimnael|200px|links| Majoro besig om sy mening te lig in 'n vergadering in September 2013 Majoro was 'n dosent in ekonomie aan die Nasionale Universiteit van Lesotho tussen 1991 en 2000. In 2000 het hy as 'n fiskale ontleder by die ministerie van Finansies aangesluit en het die pos tot in 2004 beklee toe hy tot hoofsekretaris bevorder is. Hy het die Africa Group 1-groepering van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) van 2008 tot 2012 as beide uitvoerende direkteur en alternatiewe uitvoerende direkteur gedien.

In Januarie 2013 is Majoro as minister van ontwikkelingsbeplanning deur premier Tom Thabane aangewys. Hy is vroeër as 'n senator aangestel. Die regering is in die algemene verkiesing van 2015 uitgestem. In die algemene verkiesing van 2017 is hy as LP vir die Thetsane-kiesafdeling no. 33 verkies. Thabane is heraangestel as premier en vir Majoro as die Minister van Finansies aangestel.

In 2020 was Thabane onder druk om te bedank weens sy beweerde betrokkenheid by die moord op sy gewese vrou. Op 22 Maart 2020 het die ABC-groep in die Nasionale Vergadering vir Majoro as sy opvolger verkies met 26 uit 46 stemme. Premierskap Op 12 Mei 2020 het die koalisievennote van die ABC hulle steun onttrek. Thabane het op 18 Mei sy bedanking aangekondig en die pos die volgende dag ontruim. Majoro is op 20 Mei as die nuwe premier ingehuldig.

Persoonlike lewe Majoro is met 'Masekoalane 'Mamusa Rankhelepe getroud. Die egpaar het twee kinders.

Verwysings

Eksterne skakels Moeketsi Majoro – Minister, Development Planning at Government of Lesotho

Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1961 Kategorie:Lesotho