Die Caledon-tolbos (Leucadendron elimense subsp. salteri) is 'n blomdraende struik en subspesie van Leucadendron elimense, wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit in die Botriviervallei, Hemel-en-Aarde-vallei en Shaw se pas voorkom.
Die struik word tot 1.5 m hoog en vrek nadat dit gebrand het maar die sade oorleef. Die struik blom van Augustus tot September. Die sade word in 'n tol op die vroulike plant geberg en val grond toe twee maande nadat dit geblom het. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike en vroulike blomme, wat deur klein insekte bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik op gelyk gruisagtige grond op hoogtes van 30 - 300 m.
In Engels staan dit as die Caledon conebush bekend.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas Plants of the World Online
Kategorie:Leucadendron Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika