Die Wolseley kleitolbos (Leucadendron lanigerum var. laevigatum) is 'n blomdraende struik en variëteit van Leucadendron lanigerum, wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom in die Breederiviervallei vanaf Tulbagh tot by Wolseley. Die plant het 'n voorkomsgebied van 171 km² en het reeds 80% van sy habitat afgestaan aan die aanlê van wingerde met 20% van die verlies sedert 1990.
Die struik word tot 1.6 m hoog en vrek nadat dit gebrand het maar die sade oorleef. Die struik blom van Julie tot September. Die sade word in 'n tol op die vroulike plant geberg, val grond toe nadat dit gebrand het en word deur die wind versprei, die sade het vlerkies. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike en vroulike blomme en word bestuif deur klein kewers. Die struik groei in gelyk kleigrond op 'n hoogte van 300 m.
In Engels staan dit as die Worceste shale conebush bekend.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas Protea Atlas Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Leucadendron Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika