Die kleitolbos (Leucadendron lanigerum var. lanigerum) is 'n blomdraende struik en variëteit van Leucadendron lanigerum, wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom op die Kaapse Vlakte, en Malmesburyvlakte vanaf die Strand en Dieprivier tot by Bainskloof en Dassenberg.

Die struik word tot 1.5 m hoog en spruit weer uit nadat dit gebrand het. Die struik blom van Julie tot September. Die sade word in 'n tol op die vroulike plant geberg, val grond toe nadat dit gebrand het en word deur die wind versprei, die sade het vlerkies. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike en vroulike blomme en word bestuif deur klein kewers. Die struik groei in sand op hoogtes van 180 - 200 m.

In Engels staan dit as die Common shale conebush bekend.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas Protea Atlas Plants of the World Online

Kategorie:Leucadendron Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika