Die waboomsriviertolbos (Leucadendron sericeum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is inheems aan die Wes-Kaap waar dit voorkom by die Waboomsrivier in die Koue Bokkeveld.
Die struik word 1,0 m hoog en blom van Mei tot September. Die plant vrek na 'n brand maar die sade oorleef. Die sade word in 'n tol op die vroulike plant geberg en val eers na twee maande, nadat die vrugte ryp geword het, op die grond waar dit deur miere versprei word. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike en vroulike blomme, wat deur klein insekte bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik in sandsteengrond op hoogtes van 900 - 920 m.
In Engels staan dit as die Wabooms conebush bekend.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas Plants of the World ONline
Kategorie:Leucadendron Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika