Die Silwerbos (Leucadendron uliginosum subsp. uliginosum) is 'n blomdraende struik en subspesie van Leucadendron uliginosum, wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit voorkom in die Outeniekwa- en Tsitsikammaberge vanaf Cloetespas tot by Plettenbergbaai.

Die struik word 2.3 m hoog en blom in November. Die plant vrek na 'n brand maar die sade oorleef. Die sade word in 'n tol op die vroulike plant geberg en val eers grond toe na 'n brand en word moontlik deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike en vroulike blomme, wat deur klein insekte bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik in klipperige sandsteen grond op hoogtes van 500 - 1 000 m.

In Engels staan dit as die Outeniqua conebush bekend. Die boom se FSA-nommer is 82.6https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Daar is ook 'n ander subspesie, Leucadendron uliginosum subsp. glabratum.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas Plants of the World Online

Kategorie:Leucadendron Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika