Die Mercedes-Benz M272 enjin is 'n V6-enjinfamilie wat in die 2000-dekade gebruik is. Dit is in 2004 bekendgestel en is gebaseer op die M112 V6 wat in 1998 bekendgestel is.
Al die M272-enjins het aluminiumblokke met 'n 90° V-hoek met silikon/aluminiumgevoerde silinders. Die aluminium DOHC-silinderkoppe het 4 kleppe per silinder. Direkte inspuiting word op beperk op die 3.5L V6 gebruik, terwyl ander gebruik maak van konvensionele brandstofinspuiting. Almal het gesmeede staal suierstange, eenstuk-gegote krukas, yster-aluminium suiers en 'n magnesium inlaatspruitstuk. Soos die M112, is 'n balanseeras in die enjinblok tussen die silinderbanke geïnstalleer om vibrasies in die 90° V6 ontwerp uit te skakel.
Deurlopende VVT is vir die eerste keer ingevoer. Beide die inlaat- en die uitlaatnokas kan oor 40 grade gewissel word. Die dubbele vonkpropstelsel is vervang deur 'n ontstekingstelsel met 'n hoogspanningsklos bo-op elke vonkprop. Nuwe elektroniese vloeistofbeheer vir die koelmiddel het die meganiese termostaat vervang vir verbeterde opwarming van die enjin en die optimale beheer van enjintemperatuur.
Kategorie:Mercedes-Benz-enjins