Die geelbos (Leucadendron microcephalum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit by Kogelberg, Kleinmond, Kleinrivierberge, Groenlandberg, Hottentots-Hollandberge, Du Toit's Kloof en Riviersonderendberge voorkom.
Die struik word 2 m hoog en blom in Julie. Die plant vrek in 'n brand maar die sade oorleef. Die sade word in 'n tol op die vroulike plant geberg en val op die grond na 'n brand. Die sade het vlerkies en word deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike- en vroulike blomme, wat deur klein kewers bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik in klipperige sandsteengrond op hoogtes van seevlak tot 1 330 m.
In Engels staan dit as die oilbract conebush bekend.
Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas Plants of the World Online
Kategorie:Leucadendron Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika