Die visgattolbos (Leucadendron diemontianum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom op die Groot Winterhoekberge se voorheuwels by Visgat, Onderboskloof en Rosendal asook by Heuningvlei in die noordelike Sederberg.

Die struik word 2.2 m hoog en blom in Junie. Die plant vrek in 'n brand maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en val na die grond na 'n brand en word deur die wind versprei, die sade het vlerkies. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike- en vroulike blomme, wat deur klein kewers bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik in sand wat deur die wind aangeblaas is op hoogtes van 0 - 300 m.

In Engels staan dit as die Visgat conebush bekend.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Leucadendron Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika