Hugo Laurenz August Hofmann von Hofmannsthal (Duitse fonetiese uitspraak:ˈhuːɡo fɔn ˈhoːfmanstaːl; 1 Februarie 1874 – 15 Julie 1929) was 'n Oostenrykse romansier, librettis, digter, dramaturg, en essayis.
Vroeë lewe duimnael|Die huis waar Hofmannsthal gebore is by Salesianergasse 12, Landstraße, Wene 3 Hofmannsthal is gebore in Landstraße, Wene as die seun van 'n Oostenrykse moeder uit die hoër klasse genaamd Anna Maria Josefa Fohleutner (1852–1904) en 'n Oostenryks-Italiaanse bankbestuurder genaamd Hugo August Peter Hofmann, "Edler von Hofmannsthal" (1841-1915). Beide sy ouers was Christene.
Sy oupagrootjie, Isaak Löw Hofmann, Edler von Hofmannsthal, van wie sy gesin die edele titel "Edler von Hofmannsthal" geërf het, was 'n Joodse tabakboer wat deur die Oostenrykse keiser tot adellike verhef is.
Hy het in Wene aan die Akademisches Gymnasium skoolgegaan waar hy in aanraking gekom het met die werke van Ovidius, wat later 'n groot invloed op sy werk uitgeoefen het. Hy het van 'n vroeë ouderdom af gedigte en toneelstukke geskryf. Omdat hy as student nie toegelaat is om te publiseer nie, is sommige van sy vroeë werke onder skuilname soos Loris Melikow en Theophil Morren geskryf. Hy het die Duitse digter Stefan George op sewentienjarige ouderdom ontmoet en verskeie gedigte in George se tydskrifjoernaal Blätter für die Kunst gepubliseer. Hy het regte en later filologie in Wene gestudeer, maar na sy studies (in 1901) hom voltyds gewy aan die skryfkuns. Saam met Peter Altenberg en Arthur Schnitzler was hy lid van die avant-garde groep Jung Wien (Jong Wene).
Loopbaan In 1900 ontmoet Hofmannsthal die komponis Richard Strauss vir die eerste keer. Later het hy libretti vir 'n paar van sy operas geskryf, waaronder Elektra (1909), Der Rosenkavalier (1911)–saam met Harry von Kessler–, Ariadne auf Naxos (1912, hers. 1916), Die Frau ohne Schatten (1919), Die ägyptische Helena (1928) en Arabella (1933).
In 1911 verwerk hy die 15de eeuse Engelse toneelstuk oor moraliteit, Everyman, aan as Jedermann; Jean Sibelius het onder andere insidentele musiek daarvoor geskryf. Die toneelstuk het later gereelde opvoerings tydens die Salzburgse-fees beleef.
Gedurende die Eerste Wêreldoorlog het Hofmannsthal 'n regeringspos beklee. Hy het toesprake en artikels ter ondersteuning van die oorlogspoging geskryf en die kulturele tradisies van Oostenryk-Hongarye beklemtoon. Die einde van die oorlog het die einde van die Habsburgse monargie in Oostenryk ingelui; dit was 'n slag waarvan die patriotiese en konserwatief-denkende Hofmannsthal nooit ten volle herstel het nie.
Nietemin was die jare na die oorlog baie produktief vir Hofmannsthal; hy het, byna sonder onderbreking, voortgegaan met sy vroeëre literêre projekte. Hy het verskeie nuwe libretti’s vir Richard Strauss se operas geskryf. In 1920 het Hofmannsthal saam met Max Reinhardt die Salzburg-fees gestig. Sy latere toneelstukke het 'n groeiende belangstelling in godsdiens getoon, en bevat veral Rooms-Katolieke temas. Onder sy skrywes is 'n draaiboek vir 'n rolprentweergawe van Der Rosenkavalier (1925), soos geregisseer deur Robert Wiene.
Persoonlike lewe In 1901 trou hy met Gertrud "Gerty" Schlesinger, die dogter van 'n Weense bankier. Gerty, wat Joods was, het haar voor hul huwelik tot die Christendom bekeer. Hulle het hulle in Rodaun (nou deel van Liesing), nie ver van Wene nie, gevestig, en het drie kinders gehad:
Christiane von Hofmannsthal (1902–1987), wat vroeg in 1929 met die Duitse indoloog Heinrich Zimmer getroud is. Zimmer het aan die Universiteit van Greifswald, Heidelberg-universiteit, en Balliol College, Oxford gedoseer. Nadat hulle na New Rochelle, New York verhuis het, het hy 'n besoekende dosent aan Columbia-universiteit geword. Franz von Hofmannsthal (1903–1929), wat op 13 Julie 1929 selfmoord gepleeg het. Raimund von Hofmannsthal (1906–1974), wat in 1933 met Ava Alice Muriel Astor, dogter van John Jacob Astor IV en Ava Lowle Willing, getrou het. Nadat hy in 1939 van Ava geskei het, het Raimund getrou met Elizabeth Paget, dogter van Charles Paget, 6de Markies van Anglesey.
Twee dae nadat sy oudste seun selfmoord gepleeg het (kort nadat hy die begrafnis bygewoon het) sterf Hugo self aan 'n beroerte in Rodaun.
Invloed Die Oostenrykse skrywer Stefan Zweig het as volg in sy memoires, The World of Yesterday (1942), oor Hofmannsthal se vroeëre prestasies en die invloed daarvan op Zweig se generasie geskryf:
Geselekteerde werke Toneelstukke Libretti Storielyne en fiktiewe gesprekke Roman (fragment) Essays, toesprake en prosa Poësie
Verwysings
Verdere leeswerk Hierdie artikel inkorporeer materiaal uit die Duitse Wikipedia artikel. Broch, Hermann (outeur), Steinberg, Michael P. (vertaler). Hugo von Hofmannsthal and His Time: The European Imagination, 1860 - 1920, University Of Chicago Press, 1984, . Burks, Marlo (vertaler, inleiding). Hugo von Hofmannsthal: Writings on Art / Schriften zur Kunst. Duits en Engels. Duitse tekste in Engelse vertaling, Volume II. Hans-Günther Schwarz en Norman R. Diffey (redakteurs). Iudicium, 2017. Vertaling van en inleiding tot Hofmannsthal se skrywes en visuele kuns. Gottfried, Paul. "Hugo von Hoffmannsthal and the Interwar European Right." Modern Age 49.4 (2007): 508+ online. Junk, Anke. Andreas oder Die Vereinigten von Hugo von Hofmannsthal – eine kulturpsychoanalytische Untersuchung. Hannover, Impr. Henner Junk, 2015, . McClatchy, J. D. (redakteur). The Whole Difference: Selected Writings of Hugo von Hofmannsthal, Princeton University Press, 2008, . Hoofstuk 1 bevat 'n kort biografie. Schorske, Carl E. Fin-de-siècle Vienna: Politics and Culture, 1980. Stork, Charles Wharton. The Lyrical Poems of Hugo Von Hofmannsthal, 1918.
Weiss, Winifred. Comparative Literature. Vol 25, no. 1. (Winter, 1973) pp. 60–67 An Impossible Man (Der Schwierige'') vertaal en met 'n inleiding deur Alexander Stillmark (Modern Humanities Association, Cambridge, 2016, ).
Eksterne skakels
Hugo von Hofmannthal Resource Center University of Washington Vienna 1900 Page
Kategorie:Geboortes in 1874 Kategorie:Sterftes in 1929 Kategorie:Oostenrykse digters Kategorie:Oostenrykse skrywers Kategorie:Dramaturge