Die Jozinibroodboom (Encephalartos senticosus) is 'n spesie van die genus Encephalartos.

Verspreiding en habitat Die plant kom op die kruin van die Lebomboberge voor vanaf Jozini, noordwaarts tot net verby Siteki in Eswatini. Die plant groei vinnig en word tot 4 m hoog. Dit groei in goedgedreineerde grond, verkies sonlig en gedeeltelike skadu areas. Die boom is eenslagtig: manlike en vroulike plante is afsonderlike eksemplare.

Identifikasie Die plant was eers saam met E. lebomboensis as een spesie beskou, maar word sedert 1996 as 'n aparte spesie gelys. Die plant se FSA-nommer is 8.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/http://pza.sanbi.org/encephalartos-paucidentatus In Engels staan die broodboom as die Lebombo cycad bekend.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Broodbome Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Suid-Afrika