Leon David van Wyk (gebore 26 Januarie 1956) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en lid van die Demokratiese Alliansie (DA). Sedert 22 Mei 2020 dien hy as die burgemeester van die George Plaaslike Munisipaliteit. Hy het vir korrupsie-beskuldigde Melvin Naik opgevolg. Van Wyk was voorheen lid van die burgemeesterskomitee vir finansies.

Loopbaan Van Wyk is in die 2011 munisipale verkiesing as raadslid vir die DA verkies. Burgemeester Charles Standers het hom as lid van die burgemeesterskomitee vir finasies aangewys. Na die 2016 munisipale verkiesing het die nuwe burgemeester Melvin Naik hom nie weer op die burgermeesterskomitee aangestel nie en hom vervang met raadslid Marlene Viljoen.

In Februarie 2020 is Naik as burgemeester verwyder nadat die DA sy lidmaatskap opgeskort het weens beskuldigings van korrupsie en wangedrag. Van Wyk is op 8 Mei 2020 as die DA se burgemeesterskandidaat aangekondig. Opposisiepartye in die raad het die DA se besluit gekritiseer. As gevolg van die nasionale inperking kon die volle raad nie vergader nie. 'n Virtuele raadsvergadering is op 22 Mei gehou waarin Van Wyk as die nuwe burgemeester verkies is. Hy het die Plaaslike Besorgde Inwoners-kandidaat Virgil Gericke met 26 stemme teen Gericke se 23 geklop.

Op 10 Mei 2024 is Van Wyk ingesweer as lid van die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement.

Verwysings

Eksterne skakels Executive Mayor

Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1956 Kategorie:Politici van die Demokratiese Alliansie Kategorie:Suid-Afrikaanse burgemeesters Kategorie:Afrikaners