Die Mumbotuta-waterval in die Luapularivier lê op die grens tussen Zambië en die Demokratiese Republiek van die Kongo.
Die Luapularivier ontspring in die Bangweulumeer, vloei deur kilometerlange moerasse in Zambië, word daarna die grensrivier en bereik die steil waterval by 12° 22′ 26.2″ suid en 29° 12′ 32″ oos ten weste van Kapalala. Daarna gaan die rivier noordwaarts en kom by Kasenga by verdere moerasse en vloei dan in die Mwerumeer. Die val is suidoos van Lubumbashi (voorheen Elisabethstad), noordnoordoos van Ndola en oosnoordoos van Kitwe. Dit is egter moeilik bereikbaar.
Kategorie:Watervalle in die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Watervalle in Zambië