Luss (Skots-Gaelies: Lus, afgelei van lus "kruid") is 'n nedersetting aan die wesoewer van die Skotse meer Loch Lomond, geleë in die Nasionale Loch Lomond en Trossachs-park. Administratief behoort die dorpie tot die Argyll & Bute-distriksraadgebied. Luss is langs die A82-grootpad geleë wat Loch Lomond met Loch Ness verbind.
duimnael|links|Uitsig oor Loch Lomond vanuit Luss Pier, op 'n bitter koue dag in Januarie. Hier geniet 'n mens asemberowende uitsigte oor die meer en Ben Lomond, Skotland se mees suidelike munro ('n bergpiek wat hoër is as 3 000 voet) duimnael|links|Luss Pier duimnael|links|Tradisionele cottages, gebou van steen en leiklip, langs Luss se hoofstraat wat na Loch Lomond en Luss Pier lei duimnael|links|Frontaansig van die parogiekerk, opgerig in 1875 deur die Colquhoun-familie duimnael|links|Die ou kerkhof duimnael|links|11de eeuse Wiking-hogsback-grafsteen Die nedersetting se geskiedenis strek terug tot in die 14de eeu. Volgens oorlewering is destyds 'n kerk aan Sint Kessog gewy, 'n Ierse sendeling wat sowat sewe honderd jaar vroeër sendingwerk in die gebied gedoen het. Die moderne dorpsbeeld en boukuns is sterk beïnvloed deur die Colquhoun-familie, plaaslike grondbesitters en bewoners van die nabygeleë Rossdhu-kasteel, wat groot dele van die nedersetting in die vroeë 19de eeu laat herbou het. Tradisionele steengeboue of cottages het onder meer werkers in die nabygeleë leiklipgroef gehuisves.
Die dorpie, sy aanlêplek en die uitsigte oor Loch Lomond is gewild by toeriste op pad na die Skotse Hoogland. Luss se Sint Kessog-parogiekerk van 1875 word omring deur 'n kerkhof wat betreklik ouer is, met grafstene uit die 7de en 8ste eeu. Die kerkhof se Wiking-hogsback-graf dateer uit die 11de eeu.
Eksterne skakels Wiki-webtuistes
Webtuiste van die Nasionale Loch Lomond en Trossachs-park
Loch Lomond & Trossachs: Luss Media
YouTube.com: Luss, Loch Lomond
Kategorie:Nedersettings in Skotland