Misdaad en Straf (Russies voor die taalhervorming: ; ná die hervorming: , Afrikaanse transkripsie: Prestoeplenije i nikazanije; Russiese uitspraak:</small> [prʲɪstʊˈplʲenʲɪje ɪ nəkɐˈzanʲɪje]) is 'n roman deur die Russiese skrywer Fjodor Dostojefski. Dit is die eerste keer gedurende 1866 in twaalf maandelikse uitgawes in die letterkundige tydskrif Die Russiese Boodskapper gepubliseer.University of Minnesota – Study notes for Crime and Punishment – besoek op 1 Mei 2006 Dit is later in 'n enkele bundel uitgegee. Dit is die tweede van Dostojefski se vollengteromans ná sy tien jaar lange ballingskap in Siberië. Misdaad en Straf word beskou as die eerste groot roman van sy "volwasse periode".Frank (1995), bl. 96 Sedert die publikasie daarvan is dit geprys as een van die grootste prestasies in wêreldletterkunde.

duimnael|links|Raskolnikof en Marmeladof. Illustrasie deur Michail Petrowitsj Klodt, 1874. Misdaad en Straf fokus op die geestelike angs en morele dilemmas van Rodion Raskolnikof, 'n verarmde oudstudent in Sint Petersburg wat 'n plan uitdink om 'n gewetenlose pandjieshouer vir haar geld te vermoor. Voor die moord glo Raskolnikof hy sal hom met die geld van armoede kan bevry en groot dade verrig. Nadat die moord egter eers gepleeg is, is hy verward, paranoïes en gewalg as gevolg van wat hy gedoen het. Sy regverdiging daarvoor verbrokkel heeltemal terwyl hy met sy skuld en afgryse worstel en in die werklike wêreld met die gevolge van die daad gekonfronteer word.

Agtergrond duimnael|240px|links|Die tweede aflewering van Misdaad en Straf in Die Russiese Boodskapper. Dostojefski het in die somer van 1865 die idee vir Misdaad en Straf gekry na aanleiding van die saak van Pierre Francois Lacenaire. Hy het destyds aan 'n ander projek gewerk getiteld Die Dronkaards, wat handel oor "die huidige plaag van dronkenskap … [met] al die gevolge daarvan, veral die dilemma van 'n gesin en die grootmaak van kinders in die omstandighede, ens., ens." Hierdie tema, wat rondom die verhaal van die Marmeladof-familie gesentreer is, vorm die grondslag van die verhaal van Raskolnikof en sy misdaad.Yousef, About Crime and Punishment* Fanger (2006), bl. 17–18

Dostojefski het destyds groot bedrae aan krediteure geskuld en terselfdertyd probeer om die gesin van sy broer Michail, wat vroeg in 1864 dood is, by te staan. Nadat alle ander opsies misluk het, het Dostojefski hom as laaste toevlug tot die uitgewer Michail Katkof gewend en 'n voorskot gevraFrank (1994), bl. 168 vir ’n verhaal of novelle (het het toe nog nie aan 'n roman gedink nie)Frank, bl. 170* Peace (2005), bl. 8* Simmons (2007), bl. 131 in Katkof se maandelikse tydskrif Die Russiese Boodskapper. Dit was 'n gesogte publikasie wat enig in sy soort was, en die uitlaatklep vir Iwan Toergenef sowel as Leo Tolstoi. Dostojefski, wat in die vroeë 1860's in verskeie polemieke met Katkof betrokke was, het nog nooit tevore iets in die tydskrif gepubliseer nie. In 'n brief aan Katkof wat in September 1865 geskryf is, het Dostojefski aan hom verduidelik dat die werk handel oor 'n jong man wat hom oorgee aan "sekere vreemde, 'onafgehandelde' idees, wat maar nog in die lug ronddryf".Miller (2007), bl. 58* Peace (2008), bl. 8 Hy het beplan om die morele en sielkundige gevare van die ideologie van "radikalisme" te ondersoek, en het gemeen dat die konserwatiewe Katkof van die projek sou hou.Frank (1994), bl. 179 In briewe wat in November 1865 geskryf is, het 'n belangrike konsepverandering plaasgevind: "Die verhaal het 'n roman geword". Van toe af is na Misdaad en Straf as 'n roman verwys.Miller (2007), bl. 58–59

In die volledige uitgawe van Dostojefski se werk wat in die Sowjetunie gepubliseer is, het die redakteurs die skrywer se notaboeke vir Misdaad en Straf weer saamgestel in 'n reeks wat min of meer ooreenstem met die verskillende stadia van die skryf van die roman. As gevolg van hierdie werk bestaan daar nou 'n fragmentariese werkkonsep van die verhaal, of novelle, soos dit aanvanklik bedink is, sowel as twee ander weergawes van die teks. Dit word onderskei as die "Wiesbaden-uitgawe", die "Petersburg-uitgawe" en die "finale plan", wat die verskuiwing behels van 'n eerstepersoons- na die eietydse derdepersoonsvertellingsvorm wat deur Dostojefski bedink is.Dostojefski het aanvanklik vier eerstepersoonsplanne oorweeg: memoires wat deur Raskolnikof geskryf is, sy bekentenis wat agt dae ná die moord aangeteken is, sy dagboek wat vyf dae ná die moord begin is, en 'n gemengde vorm waarin die eerste helfte in die vorm van memoires, en die tweede helfte in die vorm van 'n dagboek (Rosenshield (1973), bl. 399) geskryf is. Die "'Wiesbaden-uitgawe" fokus geheel en al op die morele en sielkundige reaksies van die verteller ná die moord. Dit stem rofweg ooreen met die verhaal wat Dostojefski in sy brief aan Katkof beskryf het, en is geskryf in die vorm van 'n dagboek, wat ooreenstem met wat uiteindelik deel 2 sou word.Carabine (2000), bl. x* Frank (1994), bl. 170–72* Frank (1995), bl. 80

Waarom Dostojefski besluit het om sy aanvanklike weergawe te laat vaar bly egter net bespiegeling. Volgens Joseph Frank "is een moontlikheid dat sy protagonis buite die grense wat oorspronklik vir hom bedoel was, begin ontwikkel het".Frank (1994), 174 Die notaboeke dui aan dat Dostojefski bewus geword het van die ontstaan van nuwe aspekte van Raskolnikof se karakter namate die intrige ontwikkel het, en dat hy die roman gestruktureer het in ooreenstemming met hierdie "metamorfose".Frank (1994), bl. 177 Die finale weergawe van Misdaad en Straf het eers vorm gekry toe Dostojefski in November 1865 besluit het om sy roman in die derde persoon te skryf. Hierdie verskuiwing was die kulminasie van 'n lang stryd wat teenwoordig was in al die vroeë stadiums van samestelling.Frank (1994), bl. 179–80, 182 Nadat hy eers finaal besluit het, het Dostojefski van voor af begin skryf, en kon hy gedeeltes van die vroeë manuskrip maklik in die finale teks integreer. Frank sê dat hy nie, soos wat hy aan Wrangel vertel het, alles wat hy vroeër geskryf het verbrand het nie.Frank (1994), bl. 170, 179–80, 184* Frank(1995), bl. 93* Miller (2007), bl. 58–59

Dostojefski was onder groot druk om Misdaad en Straf betyds te voltooi, aangesien hy terselfdertyd betrek is om "Die Dobbelaar" af te handel vir Stellofski, wat strawwe voorwaardes gestel het. Anna Snitkina, 'n stenograaf wat later Dostojefski se vrou geword het, was van groot hulp tydens hierdie moeilike taak.Frank (1995), bl. 39* Peace (2005), bl. 8 Die eerste deel van Misdaad en Straf het in die Januarie 1866-uitgawe van Die Russiese Boodskapper verskyn en die laaste deel in Desember 1866.Simmons (2007), bl. 131

Karakters + Karaktername Russiese en gelatiniseerde naam Voornaam, bynaam Patroniem Van Родиóн Rodion Ромáнович Romanowitsj Раскóльников Raskolnikof Авдо́тья Awdotja Ромáновна Romanowna Раскóльникова Raskolnikowa Пульхери́я Poelcheria Алексáндровна Aleksandrowna Семён Semjon Захáрович Zacharowitsj Мармелáдов Marmeladof Со́фья, Со́ня, Со́нечка Sofja, Sonja, Sonetsjka Семёновна Semjonowna Мармелáдова Marmeladowa Катери́на Katerina Ивáновна Iwanowna Дми́трий Dmitri Проко́фьич Prokófitsj Вразуми́хин, Разуми́хин Wrazoemichin, Razoemichin Праско́вья Praskowja Па́вловна Pawlowna Зарницына Zarnitsina Арка́дий Arkadi Ива́нович Iwanowitsj Свидрига́йлов Swidrigailof Ма́рфа Marfa Петро́вна Petrowna Свидрига́йлова Swidrigailowa Пётр Pjotr Петро́вич Petrowitsj Лу́жин Loezjin Андре́й Andrei Семёнович Semjonowitsj Лебезя́тников Lebezjatnikof Порфи́рий Porfiri Петро́вич Petrowitsj Лизаве́та Lizaweta Ива́новна Iwanowna Алёна Aljona 'n Akuut dui die beklemtoonde lettergreep aan; ë is altyd beklemtoon. In Misdaad en Straf versmelt Dostojefski die persoonlikheid van sy hoofkarakter, Rodion Romanowitsj Raskolnikof, met sy nuwe antiradikale ideologiese temas. Die belangrikste storielyn behels die pleeg van 'n moord as gevolg van "ideologiese bedwelming", en beeld al die rampspoedige morele en sielkundige gevolge van die moord uit. Raskolnikof se siele- en gewetenswroeging word sentraal geplaas en versigtig verweef met die idees agter sy oortreding; en elke ander deel van die roman skyn daarna die lig op die pynlike dilemma waarin Raskolnikof vasgevang is.Frank (1995), 97 Vanuit 'n ander oogpunt is die intrige van die roman nog 'n variasie van 'n konvensionele 19de-eeuse tema: 'n Onskuldige jong plattelander vertrek na die hoofstad om sy heil te soek, waar hy voor korrupsie en die versoeking van die stad swig en alle vorige onskuldige en suiwere kenmerke verloor. Soos Gary Rosenshield opmerk, "Raskolnikof val nie vir die versoekinge van die boonste klasse soos Honoré de Balzac se Rastignac of Stendhal se Julien Sorel nie, maar vir dié van die rasionalistiese Petersburg." Rosenshield (1978), 76. Sien ook Fanger (2006), 21

Hoofkarakters duimnael|200px|links|Raskolnikof, deur P.M. Boklefski (1880's). Raskolnikof (Rodion) is die hoofkarakter, en die roman fokus hoofsaaklik op sy perspektief. Hy is 'n 23-jarige behoeftige man en voormalige student. Hy word in die roman beskryf as "buitengewoon knap, van bogemiddelde lengte, skraal, goed gebou, met mooi donker oë en donkerbruin hare." Miskien is sy treffendste kenmerk egter sy dubbele persoonlikheid. Enersyds is hy koud, apaties en antisosiaal; aan die ander kant kan hy verbasend warm en deernisvol wees. Hy pleeg moord sowel as dade van impulsiewe liefdadigheid. Sy chaotiese interaksie met die eksterne wêreld en sy nihilistiese wêreldbeskouing kan gesien word as oorsake van sy sosiale vervreemding, of die gevolg daarvan.

Ondanks die titel daarvan handel die roman nie soseer oor die misdaad en die formele straf daarvan nie, maar eerder oor die sy interne stryd (uit die boek blyk dit dat sy straf meer uit sy gewete as uit die reg spruit). Omdat hy dink die samelewing sal beter af wees, pleeg Raskolnikof moord met die oortuiging dat hy oor genoeg intellektuele en emosionele krag beskik om die gevolge daarvan te dra [gebaseer op sy verhandeling "Oor Misdaad", dat hy 'n Napoleon is], maar sy skuldgevoel oorweldig hom gou en lei tot sielkundige trauma. Dit is eers in die epiloog dat hy besef wat sy formele straf is, nadat hy besluit het om te bieg en sy vervreemding van die samelewing te beëindig.

Sonja (Sofja Semjonowna Marmeladowa) is die dogter van 'n dronkaard genaamd Semjon Zacharowitsj Marmeladof. Raskolnikof ontmoet hom aan die begin van die roman in 'n taverne. Sy word dikwels as selfopofferend, skaam en onskuldig uitgebeeld, alhoewel sy gedwing word tot prostitusie om haar gesin te help. Raskolnikof sien in haar dieselfde gevoelens van skaamte en vervreemding wat hy ervaar, en sy word die eerste persoon aan wie hy sy misdaad bely. Sy is bewus van sy diep ongelukkigheid en ondersteun hom, al was sy bevriend met een van die slagoffers (Lizaweta). Sonja is 'n belangrike bron van morele krag en rehabilitasie vir Raskolnikof.

duimnael|200px|Razoemichin, deur P.M. Boklefski (1880). Razoemichin (Dmitri Prokofitsj) is Raskolnikof se lojale vriend en ook 'n voormalige regstudent. Die karakter is bedoel om 'n versoening voor te stel tussen geloof en rede (razoem; "rede", "intelligensie"). Hy spot dat sy naam eintlik "Wrazoemichin" is – 'n naam wat beteken "om iemand tot bedaring te bring". Hy is eerlik, sterk, vindingryk en intelligent, maar ook ietwat naïef – eienskappe wat vir Raskolnikof van groot belang is in sy desperate situasie. Razoemichin bewonder Raskolnikof se intelligensie en karakter, en weier om enige geloofwaardigheid aan ander se vermoedens te gee. Hy ondersteun hom te alle tye. Hy sorg vir Raskolnikof se gesin toe hulle in Sint Petersburg kom, en raak verlief op Doenja.