Proksemika of nabyheidsleer is die studie van die menslike gebruik van ruimte en die gevolge wat bevolkingsdigtheid op gedrag, kommunikasie en sosiale interaksie het.

Proksemika is een van die verskillende subkategorieë in die studie van nie-verbale kommunikasie, waaronder haptiek (aanraking), kineties (liggaamsbeweging), vokalisasie (parataal) en chronemiek (struktuur van tyd) ook geklassifiseer is.

Edward T. Hall, die kulturele antropoloog wat die term in 1963 uitgedink het, omskryf proksemika as "die interverwante waarnemings en teorieë van die mens se gebruik van ruimte as 'n gespesialiseerde uitbreiding van kultuur". In sy boek, wat die grondslag vir die studieveld van proksemika gevorm het, The Hidden Dimension (Die verborge dimensie) het Hall die impak van proksemiese gedrag (die gebruik van ruimte) op interpersoonlike kommunikasie in oënskou geneem. Volgens Hall is die studie van proksemika waardevol in die evaluering van nie net die manier waarop mense met ander in hul daaglikse lewe omgaan nie, maar ook 'die organisering van ruimte in [hul] huise en geboue, en uiteindelik die uitleg van [hul] dorpe'. Proksemika bly 'n verborge komponent van interpersoonlike kommunikasie; waarneming van menslike interaksie lei tot groter begrip van die studieveld, en dit word ook sterk deur kultuur beïnvloed word.

Menslike afstande

Interpersoonlike afstand Hall het die interpersoonlike afstande van die mens (die relatiewe afstande tussen mense) in vier verskillende sones omskryf: (1) intieme ruimte, (2) persoonlike ruimte, (3) sosiale ruimte, en (4) openbare ruimte.

Horisontale afstand duimnael| 'n Grafiese voorstelling van Edward T. Hall se interpersoonlike afstande van die mens, met radius in voet en meter.

Intieme afstand vir omhelsing, aanraking of fluister Nabye fase: een tot twee cm Ver fase: 15 - 46 cm Persoonlike afstand vir interaksie tussen goeie vriende of familie Nabye fase: 46 - 76 cm Ver fase: 76 - 122 cm Sosiale afstand vir interaksies tussen kennisse Nabye fase: 1.2 - 2.1 m Ver fase: 2.1 - 3.7 m Openbare afstand gebruik vir openbare praatjies Nabye fase: 3.7 - 7.6 m Ver fase: 7.6 m of meer.

Die afstand wat 'n persoon omring vorm 'n ruimte. Die ruimte binne intieme afstand en persoonlike afstand word persoonlike ruimte genoem. Die ruimte binne sosiale afstand en buite persoonlike afstand word sosiale ruimte genoem. En die ruimte binne openbare afstand word openbare ruimte genoem.

Persoonlike ruimte is die gebied rondom 'n persoon wat hulle sielkundig as hul eie beskou. Die meeste mense heg baie waarde aan hul persoonlike ruimte en voel ongemak, woede of angs as hulle persoonlike ruimte oorskry word. Om 'n persoon toe te laat om persoonlike ruimte te betree en iemand se persoonlike ruimte binne te dring, is 'n aanduiding van die persepsie van die mense se verhouding. 'n Intieme sone is vir nabye vriende, geliefdes, kinders en familielede gereserveer. 'n Ander sone word vir gesprekke met vriende, om met kenisse te gesels en in groepbesprekings gebruik. 'n Verdere sone is vir vreemdelinge, nuutgestigte groepe en nuwe kennisse gereserveer. 'n Vierde sone word vir toesprake, lesings en die teater gebruik; in wese word openbare afstand vir groter gehore gereserveer is.

Die betreding van iemand se persoonlike ruimte is gewoonlik 'n aanduiding van vertroudheid en soms intimiteit. In die moderne samelewing, veral in oorvol stedelike gemeenskappe, kan dit egter moeilik wees om persoonlike ruimte te handhaaf, byvoorbeeld in 'n saamgedronge trein, hysbak of straat. Baie mense vind sulke fisiese nabyheid sielkundig steurend en ongemaklik, maar in moderne tye word dit algemeen as 'n normale manier van leef aanvaar. In 'n onpersoonlike, samedrukkende situasie is die neiging meestal om oogkontak te vermy. Selfs in 'n plek waar daar baie mense is, is die behoud van persoonlike ruimte belangrik, en intieme en seksuele kontak word in so 'n konteks as onaanvaarbare fisiese kontak beskou.

Daar word vermoed dat die amygdala in die brein mense se sterk reaksies op persoonlike ruimteoortredings verwerk, aangesien die reaksies afwesig is by diegene by wie dié area beskadig is, en dit word geaktiveer as mense fisiek naby aan mekaar is. Navorsing verbind die amygdala met emosionele reaksies weens die nabyheid van ander mense. Eerstens word dit deur nabyheid as sulks geaktiveer, en tweedens, by diegene met volledige bilaterale skade aan hul amygdala, soos pasiënt SM, het hulle nie 'n gevoel van persoonlike ruimtegrense nie. Soos die navorsers opgemerk het: "Ons bevindings dui daarop dat die amygdala 'n terugstotende krag, wat help om 'n minimum afstand tussen mense te handhaaf, tot gevolg kan hê. Die bevindings stem ook ooreen met dié van ape met bilaterale amygdala-letsels, wat gemaklik is om nader aan ander ape of mense te kom; 'n effek wat volgens ons mening spruit uit die afwesigheid van sterk emosionele reaksies tot persoonlike ruimteskending."

'n Persoon se persoonlike ruimte word oral waar hulle gaan saam met hulle geneem. Dit is die mees onaantasbare vorm van territorialiteit. Volgens Hall is liggaamsafstand en postuur onbedoelde reaksies op sensoriese skommelinge of veranderinge, soos subtiele variasies in die klank en toonhoogte van 'n persoon se stem. Volgens onderstaande afbakeninge word sosiale afstand tussen mense betroubaar aan fisiese afstand, sowel as intieme en persoonlike afstand, gekoppel. Dit was nie Hall se bedoeling dat hierdie afmetings streng riglyne sal wees wat presies met menslike gedrag verband hou nie, maar eerder 'n stelsel om die effek van afstand op kommunikasie waar te neem, en te bepaal tot watter mate die effek tussen kulture en met betrekking tot ander omgewingsfaktore, varieer.

Vertikale afstand Die afstande wat hierbo genoem is, verwys na horisontale afstand. Daar is ook 'n vertikale afstand wat nie-verbale boodskappe tussen mense kan kommunikeer. In hierdie geval word daar egter dikwels met 'n vertikale afstand verstaan dat dit die mate van oorheersing of subordinansie in 'n verhouding aanspreek. In baie gevalle kan dit letterlik vertolk word om op of af te kyk na 'n ander persoon, met die langer persoon wat dan oor 'n hoër status beskik.

Onderwysers, en veral diegene wat met klein kinders werk, moet besef dat studente gemakliker met die onderwyser sal kommunikeer as hulle op dieselfde vertikale vlak is. Op hierdie manier kan 'n begrip van vertikale afstand 'n instrument word om kommunikasie tussen onderwyser en student te verbeter. Aan die ander kant kan 'n gesagspersoon wat in 'n dissiplinêre hoedanigheid optree, hierdie inligting gebruik om 'n sielkundige voordeel oor 'n student wat oortree het, te verkry.

Biometrika Hall het biometriese konsepte gebruik om die maniere waarvolgens mense in ruimtes optree, te kategoriseer, te verduidelik en te ondersoek. Hierdie variasies in posisionering word deur 'n verskeidenheid nie-verbale kommunikasie faktore wat hieronder gelys word, beïnvloed.

Kinestetiese faktore: Hierdie kategorie handel oor hoe naby die persone aan aanraking met mekaar is, wat kan wissel van geheel en al buite 'n afstand van liggaamskontak, tot om in fisiese kontak met 'n ander persoon te wees. Die liggaamsdele wat kontak maak, sowel as die posisionering van die liggaamsdele, is ook ter sprake. Haptiese kode: Hierdie gedragskategorie handel oor hoe deelnemers mekaar aanraak, soos om te streel, vas te hou, te voel, vir 'n lang tydperk vas te hou, blote aanraking, teen iemand te druk, per ongeluk teen iemand te skuur, of glad nie aan te raak nie. Visuele kode: Hierdie kategorie dui die hoeveelheid oogkontak tussen deelnemers aan. Vier subkategorieë word gedefinieër, wat wissel van oog-tot-oog kontak tot geen oogkontak nie. Termiese kode: Hierdie kategorie dui die hoeveelheid liggaamshitte aan wat elke deelnemer van 'n ander waarneem. Vier subkategorieë word gedefinieër: geleide hitte wat waargeneem word, stralingshitte wat waargeneem word, hitte wat waarskynlik waargeneem sal kan word, en geen waarneming van hitte. Reukkode: Hierdie kategorie handel oor die aard en graad van reuk wat persone van mekaar waarneem. Hardheid van stem: Hierdie kategorie handel oor die vokale inspanning wat in spraak gebruik word. Sewe subkategorieë word gedefinieër: stil, baie sag, sag, normaal, normaal +, hard en baie hard.

Neuropsigologie Terwyl Hall se werk menslike interaksies gebruik om ruimtelike variasie in proksemika te demonstreer, beskryf die veld van neuropsigologie persoonlike ruimte in terme van die soorte 'nabyheid' aan 'n individuele liggaam.

Ekstrapersoonlike ruimte: die ruimte wat buite die bereik van 'n individu voorkom. Peripersoonlike ruimte: die ruimte binne bereik van enige ledemaat van 'n individu. Om dus 'binne 'n armlengte' te wees, is om binne 'n persoon se peripersoonlike ruimte te wees. Periliggaamsruimte: die ruimte net buite ons liggame, maar dit kan naby daaraan wees. Velde van visueel-tasbare perseptiewe oorvleuel in die verwerking van hierdie ruimte. 'n Persoon kan byvoorbeeld sien dat 'n veer, wat net bokant hul hand gehou word, nie aan hulle vel raak nie, maar steeds die sensasie van kielie ervaar. Ander voorbeelde sluit in wind wat waai, rukwinde en die deurvloei van hitte.

Previc onderverdeel ekstrapersoonlike ruimte verder in fokale- ekstrapersoonlike ruimte, aksie-ekstrapersoonlike ruimte, en die omgewings-ekstrapersoonlike ruimte.

Territoriale organisering van ruimte regs|duimnael|220x220px| Twee mense wat nie mekaar se persoonlike ruimtes beïnvloed nie. regs|duimnael|220x220px| Reaksie van twee mense wie se persoonlike ruimte in konflik is. Terwyl persoonlike ruimte die onmiddellike ruimte rondom 'n persoon beskryf, verwys territorialiteit na die gebied of area waarop 'n persoon 'aanspraak kan maak' en teen ander kan verdedig. Volgens die proksemiese teorie is daar vier vorme van menslike territorialiteit, naamlik:

Openbare territorialiteit: 'n gebied wat 'n mens vrylik kan betree. Hierdie tipe territorialiteit is selde onder voortgesette beheer van slegs een persoon. Mense sal egter moontlik op 'n tydelike basis sekere areas van openbare terrein as hul eie persoonlike terreine eien en ervaar. Interaksionele territorialiteit: 'n plek waar mense informeel bymekaarkom. Tuisgebied: 'n plek waar mense deurgaans beheer oor hul individuele gebied het. Liggaamsgebied: die onmiddellike ruimte om mense.

Benewens faktore wat persoonlike ruimte behels, dui hierdie verskillende vlakke van territorialiteit op maniere waarvolgens ons kan kommunikeer en verwagtinge van gepaste gedrag kan gee.

Benewens ruimtelike territorialiteite, kan die interpersoonlike territorialiteite tussen gespreksgenote ook deur die 'hoek wat deur die spil van die persone se skouers gevorm word', bepaal word. Hall het ook 'n kombinasie van liggamshoudings tussen twee mense, waaronder lê, sit of staan, bestudeer.

Kulturele faktore Persoonlike ruimte word dikwels as gevolg van kulturele verskille en persoonlike voorkeure baie verskillend waargeneem en geïnterpreteer. Voorkeure met betrekking tot die beskouing en gebruik van persoonlike ruimte varieer byvoorbeeld tussen verskillende lande. In 'n 2017-studie is bevind dat mense in lande soos Roemenië, Hongarye en Saoedi-Arabië 'n persoonlike ruimte met 'n afstand van ten minste, of meer, as 120 cm verkies, terwyl afstande van minder as 90 cm in lande soos Argentinië, Peru, Oekraïne en Bulgarye aanvaarbaar was.