Die Tulbagh diastella (Diastella myrtifolia) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Diastella behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Groot-Winterhoekberge voor. Die struik is regop tot halfregop met matvormige spreidende takke. Die spesie het 'n voorkomsgebied van 44 km². Daar is twee subpopulasies en die plant word bedreig deur indringerplante, sy getalle daal aanhoudend.

In Engels staan dit as die Tulbagh Silkypuff bekend.

Bronnelys REDLIST Sanbi Protea Atlas Biodiversityexplorer Plants of the World Online

Kategorie:Diastella Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika