Die Ferrari 360 (Type F131) is 'n tweesitplek-middelenjin-sportmotor met agterwielaandrywing wat van 1999 tot 2005 deur die Italiaanse motorvervaardiger Ferrari vervaardig is. Dit het die Ferrari F355 opgevolg en is in 2005 deur die Ferrari F430 vervang.
Ontwikkelingsgeskiedenis Ferrari het met Alcoa saamgewerk om 'n heelnuwe aluminiumraamonderstel te vervaardig wat 40% stywer was as die F355 wat van staal gemaak was. Die ontwerp was 28% ligter ondanks 'n toename van 10% in algehele afmetings. Saam met 'n liggewig raamwerk het die nuwe Pininfarina-bakwerk afgewyk van tradisies van die vorige dekades se skerp hoeke en opklapkopligte. Die nuwe V8-enjin het 'n 3,6 liter-kapasiteit, 'n platvlak krukas en titaansuierstange. Die enjin lewer 294 kW se drywing. Volgens Ferrari is die massa met 60 kg verminder en die 0-100 km/h versnellingstyd verbeter van 4,7 tot 4,5 sekondes.
Die eerste model wat vervaardig is, was die 360 Modena, gevolg deur die 360 Spider en 'n spesiale uitgawe, die Challenge Stradale. Daar was 8 800 Modenas en 7 565 Spiders wêreldwyd vervaardig
Of those numbers there were only 469 Modenas and 670 Spiders that were produced with a gated 6-speed manual transmission as opposed to the automated F1 single clutch transmission.
Benewens hierdie was daar lae-volume fabriekswedrenmotors en 'n eenmalige Barchetta variant. Die renmotors is almal afgelei van die 360 Modena en is vir die eerste keer as 'n aparte model in eie reg vervaardig Die N-GT was 'n 360 Challenge-motor wat nog verder ontwikkel is om ernstiger mee te ding in die FIA N-GT-renklasse saam met ander make soos Porsche.
Die Ferrari 360 Spider is onthul tydens die Geneefse Internasionale Motorskou in 2000. Dit is Ferrari se twintigste afslaankap-padmotor.
Die 360 is ontwerp met 'n afslaankapvariant in gedagte; aangesien die verwydering van die dak van 'n koepee die styfheid verminder, is die 360 gebou met sterker ander dele. Ferrari-ontwerpers het die vensters versterk, die voorkant van die vloerpan verstyf en die voorruitraam herontwerp. Die agterste enjinruim moes styf gemaak word om enjingeraas uit die kajuit te sny. Die nodige dinamiese styfheid van die cabrio word voorsien deur ekstra syversterkings en 'n dwarssteun voor die enjin. Die veiligheid van passasiers word verseker deur 'n versterkte voorruitraam en rolstawe.
Ondanks die middel-gemonteerde V8-enjin van die motor, kan die elektriesbeheerde skuifdak in die kompartement gestoor word as dit nie gebruik word nie.
Spesifikasies (Modena en Spider) duimnael| Die Tipo F131 V8-enjin
Tipe: 90° V8 F1310-00 Boor en slag: 85 x 79 mm Totale verplasing: 3586 cc (3.6 L; 218.8 cu in) Toerebeperking: 8 700 opm Maks. drywing: 294 kW (395 pk) teen 8 500 opm Maks. wringkrag: 373 N⋅m (275 lb⋅vt) teen 4 750 opm
Verrigting
Topsnelheid (rooilynbeperk): 282 km/h versnelling: 0-60 km/h: 2,47 sekondes 0-100 km/h: 4,98 sekondes 0-120 km/h: 6,79 sekondes 0-160 km/h: 11,1 sekondes / 11,7 sekondes 0-210 km/h: 21,9 sekondes Staande kilometer: 23.74 sekondes
Rem: 110-0 km/h: 50–53 m Syversnelling: 0,90 g Snel deur 180 m slalom: 111.0 km/h EPA brandstofekonomie : Stad: 24 L/100 km Hoofweg: 16 L/100 km Gekombineer: 21 L/100 km Tenkreikafstand: Stad: 400 km Hoofweg: 600 km
Galery van renmotors
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Ferrari