duimnael|280px|Die Magwa-waterval

Die Magwa-waterval is 'n waterval in die kusgebied van die Oos-Kaap van Suid-Afrika.

Hierdie waterval lê 24 km suidoos van Lusikisiki, 43 km van Port St. Johns, naby die kusoordjie Embotyi (Mbotyi) en by die Magwa-teeplantasie. Dit is by die koördinate

Die val is 140 m hoog en in 'n nou skeur geleë. In 'n goeie reënseisoen lyk dit na 'n klein weergawe van die Victoria-waterval.

Ander watervalle aan die Wildekus in die omgewing van die Magwaval is die Fraser-waterval, die Mfihlelo-waterval en die Mateku-waterval. Die Magwa-waterval is die enigste van hierdie watervalle wat redelik maklik bereikbaar is. Die ander word alleen gesien deur onverskrokke voetslaners.

Magwa is die Xhosa-woord vir wonderlik.

Ander watervalle Ander watervalle in die direkte omgewing is Mateku-waterval Mfihlelo-waterval en die Fraser-waterval

Bibliografie De Kock, Victor: So fair a land. Union Booksellers, ongedateerd. Pretoria

Kategorie:Watervalle in Suid-Afrika Kategorie:Oos-Kaap