Die Swartruggens vexator (Vexatorella amoena) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Vexatorella behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Koue Bokkeveld- en Swartruggensberge voor. Die struik is regop, uitgestrek en word 1.5 m hoog. Die struik blom van September tot November.

Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Twee maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van insekte. Die plant groei op rotsagtige, sandsteengrond op hoogtes van 1 000 - 1 500 m.

In Engels staan dit as die Swartruggens Vexator bekend.

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Protea Atlas Biodiversityexplorer Plants of the World Online

Kategorie:Struike Kategorie:Vexatorella Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika