Blouberg-natuurreservaat is 'n beskermde gebied wat naby Vivo, wes van Louis Trichardt in die Limpopo-provinsie, van Suid-Afrika geleë is. Dit beslaan 'n oppervlakte van 9 360 hektaar vanaf die oostelike deel van die Blouberg-bergreeks tot by die savanne naby die Brakrivier, en word bestuur en geadministreer deur die Limpopo Provinsiale Regering.

Topografie en habitatte Die topografie bied 'n verskeidenheid habitatte wat op sy beurt talle plantspesies en dierelewe akkommodeer. Hierdie reservaat is bekend vir die grootste broeikolonie van kransaasvoëls in Suid-Afrika op sy bergagtige sektor.Aasvoëlkolonie te Blouberg-natuurreservaat, Limpopo Op die vlakte is daar baie wild, met spesiale vermelding van Kaapse buffels, swartwitpense en luiperds. Dit is hoofsaaklik bosveld savanne met kremetarte en tamboties wat prominent op die noordelike vlaktes staan. Natuurwoud kom teen die suidelike hange van die berg voor, wat 'n groot Outeniekwageelhout insluit, wat in 2013 amptelike beskerming verkry het.Geleë te .

Besoekersgeriewe Akkommodasie bestaan tans uit chalets in Mashatu-kamp, Tamboti-tentkamp, Modumele-wilderniskamp en Molope-kamp. 'n Voertuig met 'n hoë grondvryhoogte is veral nodig vir die suidelike deel. Alhoewel dit die ideale oorstaan vir die Tuli-blok in Botswana, die Mapungubwe Nasionale Park aan die Zimbabwe-grens of die noordelike deel van die Krugerwildtuin is, is die reservaat self ook 'n goeie besoek werd.

Terreinliggings regs|duimnael|270x270px| Kaart van die natuurreservaat

Hoofhek Kantoor Mashatu kamp Tamboti kamp Molope kamp Modumele kamp Aasvoëlrestaurant Big Tree Fig Forest Uitkykpunt Fontein Rapanyana se nek

Sien ook duimnael|380px|Uitsig op die Blouberg Beskermde gebiede van Suid-Afrika Blouberg (reeks) Malaboch-oorlog Soutpansberg Bewaararea

Verwysings

Eksterne skakels

Lepidopterists Society of Africa, Lepsoc. - Blouberg-natuurreservaat Groot plantegroeitipes van die Soutpansberg Bewaararea en die Blouberg-natuurreservaat, Suid-Afrika Omliggende area met kaart Vriende van Blouberg Blouberg akkommodasie (KuneMoya Blouberg)

Kategorie:Natuurreservate in Limpopo