Die Skiereiland-spinnekopbos (Serruria decumbens) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Serruria behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Kaapse Skiereiland van Kommetjie tot Gifkommetjie voor. Die struik is platterig maar word 1.0 m hoog en blom van Julie tot Oktober

Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Twee maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van insekte. Die plant groei in sandsteengrond in rotsagtige areas op hoogtes van 150 - 310 m.

In Engels staan dit as die Peninsula Spiderhead bekend.

Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas Plants of the World Online

Kategorie:Spinnekopbosse Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika