Die Malvalekker-spinnekopbos (Serruria aitonii) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Serruria behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom vanaf die Sederberg en Sandveld tot Groot-Winterhoekberge en Piketberg voor. Die struik is rond en word 1.0 m hoog en blom van Julie tot November.

Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Twee maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van insekte. Die plant groei in 'n bergagtige omgewing in rotsagtige sandsteengrond op hoogtes van 900 - 1 600 m.

In Engels staan dit as die Marshmallow Spiderhead bekend.

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Spinnekopbosse Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika