duimnael|links|Ligging van die Bylot-eiland duimnael|links|Byam-Martin-berge op Bylot-eiland Bylot-eiland (Engels: Bylot Island), die wêreld se 71ste grootste eiland en die 17de grootste eiland van Kanada, beslaan 'n oppervlakte van 11 067 km². Die eiland is in die noorde van Kanada in die Arktiese Oseaan geleë en maak deel uit van die gebied Nunavut. Bylot-eiland behoort tot die Kanadese Arktiese Argipel en lê net noord van Baffin-eiland; verder noord is Devon-eiland en verder oos Groenland. Bylot-eiland grens in die ooste aan die Baffinbaai. Die eiland is in 1616 deur die Arktiese ontdekkingsreisiger Robert Bylot ontdek en later na hom genoem.
Eksterne skakels
Kategorie:Kanadese Arktiese Argipel Kategorie:Nunavut Kategorie:Onbewoonde eilande