Olifantsrivierberge is 'n nou bergreeks wat in die Weskus-distriksmunisipaliteit, in die noordweste van die provinsie Wes-Kaap, Suid-Afrika, geleë is en deel van die Kaapse Plooigordel uitmaak. Die bergreeks se naam is van die Olifantsrivier afgelei wat noordwaarts deur Namakwaland vloei. Die Piekenierskloofpas dra die N7-nasionale pad oor die berg. Citrusdal is net oos van die berg op die Olifantsrivier se regteroewer geleë, met die Kouebokkeveldberge insgelyk aan die oosoewer.
Bron Olifantsrivierberge op Mapcarta, Besoek op 18 Mei 2020.
Kategorie:Berge van Suid-Afrika