duimnael|links|Ligging van die Ellef-Ringnes-eiland duimnael|links|Kaart van die Ellef-Ringnes-eiland Ellef-Ringnes-eiland (Engels: Ellef Ringnes Island), die wêreld se 68ste grootste eiland en die 16de grootste eiland van Kanada, beslaan 'n oppervlakte van 11 295 km². Die eiland is in die noorde van Kanada in die Arktiese Oseaan geleë en maak deel uit van die gebied Nunavut. Ellef-Ringnes-eiland behoort tot die Koningin-Elizabeth-eilande, 'n subgroep van die Kanadese Arktiese Argipel, met Borden-eiland in die weste en Amund-Ringnes-eiland in die ooste. Die eiland is in 1901 deur Gunnerius Ingvald Isachsen en Sverre Hassel, twee lede van die deur Otto Sverdrup aangevoerde tweede Fram-ekspedisie (1898–1902), ontdek. Sverdrup het die eiland na Ellef Ringnes, die medestigter van die Noorse brouery Ringnes, wat Sverdrups se ekspedisie finansieel ondersteun het, genoem. Soos al die Svendrup-eilande is Ellef-Ringnes-eiland deur Svendrup vir Noorweë geëis. Dit het egter met Kanada se siening gebots, waarvolgens al die eilande in die noorde van Noord-Amerika aan Kanada behoort. Die onderhandelinge het in 1930 geëindig. Sedertdien het dit aan die Noordwestelike gebiede behoort. Toe op 1 April 1999 die nuwe gebied Nunavut van die Noordwestelike gebiede afgestig is het Ellef-Ringnes-eiland onder administrasie van die nuwe gebied gekom.

Eksterne skakels

Kategorie:Koningin-Elizabeth-eilande Kategorie:Nunavut Kategorie:Onbewoonde eilande