Jef Raskin (New York Stad, 9 Maart 1943 - Pacifica, Kalifornië, 26 Februarie 2005) was 'n Amerikaanse mens-rekenaar koppelvlakontwerper. Hy is bekend as 'n ontwerper van die grafiese koppelvlak van Apple Macintosh-rekenaars van Apple Inc.
In Januarie 1978 sluit hy by Apple aan as die 31ste werknemer. Saam met sy voormalige student Bill Atkinson het hy die Apple Macintosh-projek in 1979 begin. Die projek is vernoem na sy gunsteling appel (die McIntosh). Om probleme met die Amerikaanse handelsmerk McIntosh te vermy, is die naam Macintosh gespel. Raskin het onder andere die beginsel van klik en sleep, uitgedink om 'n lêer te manipuleer deur op 'n rekenaarikoon te klik en dit te sleep. Steve Jobs neem die Macintosh-projek in 1981 uit Raskin se hande en verander dit in 'n rekenaar wat gebaseer is op die Xerox PARC-argitektuur. Raskin het Apple in 1982 verlaat.
Hy het die Canon Cat ontwerp, 'n klein rekenaar met 'n tekskoppelvlak. Sy boek The Humane Interface is in 2000 gepubliseer en word beskou as 'n standaardwerk op die gebied van koppelvlakke.Raskin, Jef 2000.The Humane Interface, Addison-Wesley
Raskin was sedert 1981 met Linda Blum getroud. Die egpaar het drie kinders gehad. Pankreas kanker is in Januarie 2005 gediagnoseer. Jef Raskin is 'n maand later, in die ouderdom van 61, oorlede.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Rekenaarprogrammeerders Kategorie:Geboortes in 1943 Kategorie:Sterftes in 2005 Kategorie:Amerikaanse Jode