Die statige spinnekopbos (Serruria altiscapa) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Serruria behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom by Blokkop in Villiersdorp tot by die Hottentots-Hollandberge voor. Die struik groei regop en word 30 cm hoog en blom van Junie tot Oktober met die hoogtepunt in Augustus.
Die plant groei op hoogtes van 700 - 1 100 m en kom saam met Serruria elongata voor.
In Engels staan dit as die Stately Spiderhead bekend.
Verwysings
Bronnelys REDLIST Online Biodiversityexplorer Protea Atlas Researchgate Biodiversity advisor bl. 58 Plants of the World Online
Kategorie:Spinnekopbosse Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika