Skokiaan is ‘n alkoholiese drank wat aanvanklik deur die swart inwoners van die mynkampongs op die Witwatersrand berei is.
Die bestanddele is goedkoop en volop beskikbaar, maar soms is die gevolge van die gebruik van die drank fataal. Water, suiker, mieliemeel of meel van manna en suurdeeg word laat gis. Bykomende bestanddele, soos karbied, word soms toegevoeg om meer etielalkohol te verkry.
Etimologie Die woord skokiaan kom blykbaar van die Zoeloe-woord isi-kokeya of isi-kokeyana met die waarskynlike betekenis van “kring by die dans” of “klein kamp”. Dit verwys glo na die gewoonte om onwettige drank te versteek.
Lees ook Karrie Vaaljapie Van der Hum
Bronne Rosenthal, Eric: Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Londen: Warne, 1967.
Verwysings
Kategorie:Alkoholiese drank