Vaaljapie is ‘n goedkoop natuurllike wit wyn. Dit is troebel en word dus as van minderwaardige kwaliteit beskou. Hierdie is ‘n jong wyn van gewoonlik nie ouer as ses maande nie. Die naam is ontleen aan sy geelbruin kleur, alhoewel dit soms ook rooi van kleur is. Skertsend word na die wyn soms as Val Japé verwys. Gewoonlik is dit hierdie wyn wat in die dopstelsel gebruik is.
Lees ook Karrie Skemerkelkie Skokiaan Van der Hum
Bibliografie Green, Lawrence G.: In the land of afternoon. Kaapstad: Howard B. Timmins, 1950.
Eksterne skakels
https://dsae.co.za/entry/vaaljapie/e07559 https://www.mzansitaal.co.za/terms/vaaljapie/
Kategorie:Alkoholiese drank