Die speekbeenspinnekopbos (Serruria heterophylla) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Serruria behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom by Kleinmond en die Kleinrivierberge voor. Die struik groei regop, word 1.0 m hoog en blom van Julie tot Oktober.

Die plant gaan dood na 'n brand maar die sade oorleef. Twee maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van insekte. Die plant groei in sandsteengrond op hoogtes van 90 - 310 m.

In Engels staan dit as die Spindly Spiderhead bekend.

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Protea Atlas Biodiversityexplorer Plants of the World Online

Kategorie:Spinnekopbosse Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika