'n Botterkop (Engels: hinny) is 'n kruising tussen 'n donkiemerrie en 'n perdehings.

Meesal erf sulke kruisings meer eienskappe van die moer as van die vaar. 'n Botterkop lyk dus meer op 'n donkie as op 'n perd. Dit is kleiner en besit nie die deugde en trekhoedanighede van die muil nie. Hierdie kruising word selde gemaak. Botterkoppe is moeiliker om te teel as muile. 'n Botterkop en 'n muil is heeltemal verskillende diere.

Lees ook Hibried

Bibliografie Emmett, Megan: X family secrets. In: Wild 55. Lente 2012. www.wildcard.co.za

Eksterne skakels

Kategorie:Perdagtiges