duimnael|Die Fridericianum tydens documenta 13 duimnael|Kassel se padteken documenta is 'n kunsuitstalling wat aanvanklik elke vier en nou elke vyf jaar in Kassel, Duitsland, gehou word. Die uitstalling duur 100 dae en word as die belangrikste uitstalling van moderne en eietydse kuns ter wêreld gesien.Art South Africa , At the end of Documenta 12... , besoek op 28 Desember 2007 Dit is in 1955 gestig deur die kunstenaar, onderwyser en kurator Arnold Bode as deel van die Bundesgartenschau ("Federale tuinskou") wat daardie jaar in Kassel gehou is. Die eerste documenta was – in teenstelling met die algemene verwagting – 'n aansienlike sukses en dit het meeste van die kunstenaars wat as invloedryk in die moderne kuns was, soos Pablo Picasso en Wassily Kandinsky ingesluit.Goethe Instituut, KuBus 7 – 40 years of the documenta, besoek op 17 Desember 2007.
Hierdie Museum van Eenhonderd Dae het tot 'n oorweldigende suksesverhaal ontwikkel. In die Europese somer van 2012 is die dertiende documenta deur meer as 860 000 mense besoek. Die uitstalling se eiesoortige karakter is oor die jare heen bewaar; anders as by ander soortgelyke internasionale uitstallings word documenta volgens die visie van 'n enkele individu saamgestel. Daar is geen nasionale pawiljoene nie, dit word nie beperk tot spesifieke media nie en elke nuwe documenta verskil van die vorige in uitleg, tematiese ontwerp, uitstalruimte en konsep. documenta se wesentlike karakter is dié van innovasie en vernuwing; die uitstalling hou tred met die jongste kunsneigings soos video-, rekenaar- en internetkuns. Elke documenta word so te sê opnuut uitgevind deur die direkteur en sy of haar span.DOKUMENTA KASEL 16/06 -- 23/09 2007, documenta, besoek op 28 Desember 2007
Die eerste documenta het hoofsaaklik op Europese kuns gefokus en het Duitsland blootgestel aan die ontwikkelinge wat in kuns plaasgevind het, voor en na die Tweede Wêreldoorlog. In die 1960's is al hoe meer Amerikaanse kuns vertoon soos wat die middelpunt van die avante-garde kunsbeweging oor die Atlantiese Oseaan geskuif het. Hoewel documenta van vroeg af kunstenaars van oral in die wêreld ingesluit het, het veral die afgelope twee documentas groot getalle kunstenaars van buite Europa en die Amerikas ingesluit. Dit het ook gepaard gegaan met 'n groter mate van politieke en maatskaplike inhoud in die kuns wat uitgestal is.
Geskiedenis van documenta documenta I, 1955 duimnael|Fridericianum Kassel duimnael|Die fasade van die Fridericianum met een van die eike wat later deur Joseph Beuys daar geplant is as deel van sy werk 7000 Eike (documenta VII) Die eerste documenta is gehou as 'n onderdeel van die jaarlikse Bundesgartenschau (die nasionale tuinskou van Duitsland) wat in 1955 in Kassel gehou is. Die uitstalling se oorspronklike volledige titel was: documenta. Europäische Kunst des XX. Jahrhunderts ("documenta. Europese kuns van die 20ste eeu"). Dit is deur die skilder, grafiese kunstenaar en ontwerper Arnold Bode, in noue samewerking met die kunshistorikus Werner Haftmann, saamgestel.Ralph Kits, documenta X – Over de documenta van Catherine David en de reacties in de Nederlandse pers, Doktorale skripsie, Kunsgeskiedenis, Fakulteit Geesteswetenskappe, Opleiding Kunstgeschiedenis, Universiteit Utrecht, Junie 2007.
Die naam van die uitstalling is 'n tegniese term. Die betekenis maak die aanspraak dat die uitstalling 'n dokumentasie van moderne kuns verteenwoordig. Dit het veral vir die eerste documenta van 1955 gegeld, aangesien moderne kuns nie gedurende die tydperk van nasionaal-sosialisme in Nazi-Duitsland toeganklik was nie. Vriende en kennisse van Bode het beweer dat die meervoud van die Latynse woord documentum, Bode beïnvloed het in die keuse van 'n naam. Indien dit die geval was, dui "documenta" op 'n les, voorbeeld of waarskuwing. "Documentum" word opgebou uit die Latynse woorde docere (leer, opdrag gee, inlig, toon, vertel) en mens (die intellektuele vermoë, die gees, die begrip).Cristoph Lange, The Spirit of Documenta, Art-Philosophical Reflections', 50 Jahre / Years documenta 1955–2005. Archive in motion, Kassel 2005, bl. 14 – hier aangehaal deur Ralph Kits
Bode het in die vroeë 1950's daarin geslaag om die stad Kassel, die deelstaat Hesse en die Federale Regering van Wes-Duitsland te oortuig dat 'n uitstalling van eietydse kuns saam met die tuinskou in Kassel in 1955 gehou moes word. Bode en Haftmann het daarin geslaag om byna 700 werke van internasionale kunstenaars byeen te bring. Die uitstalling is op buitengewone wyse in die witgekalkte ruïnes van die 19de eeuse neo-klassisistiese Museum Fridericianum gehou. Bode se slagspreuk was: "om ruimtes te skep, om ruimtelike verhoudings te skep waarin skilderye en beelde ten beste waardeer kan word, waarin kleur en stemming versterk word". Dit was 'n suksesresep en tot vandag toe sukkel ander om hom in die rol te ewenaar. Bode en Haftmann wou met die eerste documenta wys hoe die Europese en wêreldse tydsgees ontwikkel het, hoe dié gees vorm in kuns aangeneem het, die verhouding waarin Duitsers daartoe kon staan en wat hulle daaruit kon leer.
Die werk en die manier waarop dit vertoon is moes die voorkoms van kunsstrominge, en hoe dit aansluit by die algemeen heersende tydgees, aantoon Daar is gepoog om die 'stand van sake' in die wêreld in sy geheel voor te stel. Daar is benewens beeldende kuns ook digkuns, drama, musiek, ontwerp, en film tentoongestel. Die klem van die eerste documenta was nie so seer op "eietydse kuns" wat na 1945 ontstaan het nie; Bode wou die besoekers blootstel aan die werke van kunstenaars wat tydens die Nazi-regime onder die aanduiding Entartete Kunst ("ontaarde kuns") in Duitsland bekend gestaan het. Daaronder het die abstrakte kuns getel; veral die abstrakte skilderkuns van die 1920's en 1930's het die middelpunt van die uitstalling gevorm.
documenta II, 1959 duimnael|Die Staatstheater in Kassel tydens die tweede documenta in 1959 Vier jaar ná die eerste documenta het Bode in 1959 meer kunstenaars ingesluit en ook twee ekstra tentoonstellingsruimtes gebruik: die Orangerie en die Palais Bellevue wat beide in die 18de eeu gebou is. Die volledige titel van die tweede documenta was II. documenta. Kunst nach 1945 (" tweede documenta, kuns ná 1945"). In die jare ná die eerste uitstalling was die fokus al hoe meer op "eietydse kuns". Die tweede documenta het steeds gestreef om op te voed en het Haftmann se idee van "organiese ontwikkeling van 'n wêreldtaal van abstraksie" (Weltsprache Abstraktion) voortgesit en het aandag gevestig op "aksente", "voorlopers" en "mentors". In dié uitstalling is 'n historiese oorsig van kuns van die vorige 15 jaar aangebied. Die ongeveer 300 kunstenaars wat deelgeneem het, het Karel Appel, Francis Bacon, Jean Dubuffet, Philip Guston, Anton Heyboer, Willem de Kooning, Joan Miró en Mark Rothko ingesluit. Die uitstalling het die Duitse publiek opnuut met die "ontaarde kuns" laat kennis maak en het ook die Duitse kunstenaars Max Ernst, Ernst Ludwig Kirchner, Paul Klee en Emil Nolde, wat deur die nasionaal-sosialistiese bewind verdoem is, ingesluit.DOKUMENTA KASEL 16/06 -- 23/09 2007, d2 1959, besoek op 17 Desember 2007.
Die tweede uitstalling het gepoog om die kontinuïteit aan te toon van kuns wat "die sigbare na kuns afbeeld wat dan die onsigbare sigbaar maak" en terselfdertyd abstraksie as die geldige diksie van naoorlogse kuns voor te stel. Bode het die gedagte onderstreep deur treffende individuele beelde langs die sentrale asse van die museum te plaas. Ernst Wilhelm Nay se "Freiburger Bild“ van 1956 het die hoofsaal van die Fridericianum oorheers. Dit het ook 'n ander neiging van naoorlogse kuns geïllustreer: 'n nuwe internasionale vorm van skilder wat bestaan het uit reuse muurvullende manifestasies. Dit was veral die Amerikaners wat in dié opsig leiding verskaf het. Dit was dan ook die eerste keer wat Amerikaanse werke op grootskaal by documenta vertoon is: dit was simptomaties van die belangrikheid van Amerikaanse kuns in die naoorlogse tydperk. Die kern van die avant-garde beweging het ook nou van Europa na die Verenigde State geskuif.
documenta III, 1964 duimnael|Grosse Mannesmann (1958/61) deur Norbert Kricke, hede in Düsseldorf 1964 se "documenta III" (ook kortweg verwys na as "d3") was die laaste uitstalling wat deur Bode en Haftmann aangebied is. In die voorwoord tot die uitstallingskatalogus noem Bode die uitstalling "Museum van die 100 dae"; 'n benaming wat steeds met die uitstalling geassosieer word. Die kunswêreld het die gebeurtenis, wat deur 200 000 mense bygewoon is, beskryf as die belangrikste Europese kunsuitstalling van die dekade.DOKUMENTA KASEL 16/06 -- 23/09 2007, d3 1964. Besoek op 18 Desember 2007.
Die uitstalling se slagspreuk was "Kuns is dít wat belangrike kunstenaars maak" (Kunst ist das, was bedeutende Künstler machen). Haftman het weereens klem gelê op die belangrikheid van vooroorlogse modernisme as die maatstaf van kwaliteit kuns. Dit was egter die laaste keer wat die uitstalling gefokus was op die ouer generasie kunstenaars. d3 het nie meer verskillende "groepe" kunstenaars ten toon gestel nie. Die uitstalling het eerder gefokus op die individuele kunstenaar en nie op spesifieke style en skole nie. Hy het egter steeds gehou by sy gedagte van abstraksie as wêreldtaal en as 'n gevolg het hy van die jongste neigings in eietydse kuns (wat nie daarmee gestrook het nie) verwaarloos.
documenta III het die ontwikkeling van moderne kuns vanaf impressionisme geïllustreer met die meer as 500 werke wat vertoon is. Dit het werke van Paul Cézanne, Vincent van Gogh, Marc Chagall, Pablo Picasso, Otto Dix, Oskar Kokoschka, Lyonel Feininger, Paul Klee, Giorgio de Chirico, Max Ernst en Joan Miró ingesluit asook werk van jong Europeërs soos K.R.H. Sonderborg, Emilio Vedova, Jules Lismonde en Lucebert.
Bode het met d3 sy nuwerwetse uitstallingstyl verder uitgebrei. Drie prente van die Amerikaanse skilder Sam Francis, wat spesiaal vir die trappe van die Basel-kunssaal geskep is, is byvoorbeeld in 'n seshoekige saal met natuurlike lig van bo af vertoon. Dit het die werk met 'n byna heilige sin beklee.
documenta IV, 1968 duimnael|Posseël vir documenta x met 'n beeld van Frank Stella uit d4 documenta 4 het in 1968 plaasgevind, tydens 'n polities onstuimige tydperk in Europa. Militante linksgesinde studente in Duitsland, aangemoedig deur die sukses wat Italiaanse jeugdiges behaal het in die ontwrigting van die Venesiese Biennale,Die Venesiese Biennale is 'n groot kunstuitstalling wat elke ander jaar in Venesië gehou word (biennale is Italiaans vir "twee-jaarliks". het gedreig om die documenta in chaos te dompel.Time Magazine , Signals of Tomorrow . Vrydag 12 Julie 1968. Besoek op 18 Desember 2007. Teen die agtergrond van die studente-opstande van 1968 het Haftmann bedank en is die kuratorskap vir die eerste en enigste keer aan 'n sogenaamde "documenta-raad" oorgelaat, eerder as die visie van een of twee individue. Die aanloop tot d4 is gekenmerk deur debat en omstredenheid wat die toekoms van die uitstalling bevraagteken het. Die uitstalling self het gepaard gegaan met die waai van rooi vlae en die skree van slagspreuke wat die hou van die openingstoesprake verhoed het. Kunstenaars het betoog teen die weglating van die fluxus-beweging en studente het betoog teen wat hulle beskou het as "die documenta van handelaars" en op maatskaplik relevante kuns aangedring. Uit 'n kunssinnige oogpunt was documenta 4 die eerste documenta wat geheel en al op datum was en met meer as 220 000 besoekers was dit weereens 'n sukses.DOKUMENTA KASEL 16/06 -- 23/09 2007, d4 1968, besoek op 18 Desember 2007