Die Adjunkpresident van Suid-Afrika tree op as die waarnemende President van Suid-Afrika wanneer die President buite die landsgrense is, nie in staat is om die amp se pligte te onderneem nie, of wanneer die pos van President vakant is. Die Adjunkpresident is ook 'n lid van die Nasionale Vergadering en die Kabinet. Die Adjunkpresident word grondwetlik vereis om die President te ondersteun in die uitvoer van die regering se funksies en kan deur presidensiële proklamasie enige regeringsportefeulje toegeken word. Die adjunkpresident se ampswonings sluit in die Oliver Tambo-huis in Pretoria, Highstead in Kaapstad en die Dr John L Dube-huis in Durban.
duimnael|links|Die Uniegebou in Pretoria is die setel van die Suid-Afrikaanse Presidensie. Die huidige Adjunkpresident van Suid-Afrika is Paul Mashatile, benoem deur die huidige President van Suid-Afrika, Cyril Ramaphosa.
Aanstelling en termyn Die Adjunkpresident se ampstermyn word nie deur die wet bepaal nie. Die Adjunkpresident se termyn begin wanneer hy of sy deur die President vanuit die geledere van die Nasionale Vergadering aangestel word en lê dan die voorgeskrewe eed af.
Die Adjunkpresident se termyn word deur een van vier grondwetlike meganismes afgedank: afdanking deur die President, 'n suksesvolle "mosie van wantroue in die President" deur die Nasionale Vergadering, 'n suksesvolle "mosie van wantroue uitgesluit die President" deur die Nasionale Vergadering, of die ampsbetreding van 'n nuutverkose President. Daar word aangeneem dat 'n Adjunkpresident ook uit eie oorweging kan bedank.
Lys van Adjunkpresidente van Suid-Afrika (1994–hede) Partye
# Naam(Geboorte–Dood) Portret Ampsaanvaarding Amp verlaat President Party 1Frederik Willem de Klerk(1936–2021)100px10 Mei 199430 Junie 1996(bedank)Nelson MandelaNasionale Party 2Thabo Mbeki(1942–)100px10 Mei 199416 Junie 1999(word president)</small> |African National Congress |- style="background:#EEEEEE" ! style="background:#006600; color:white;"| 3 |Jacob Zuma(1942–) |100px |16 Junie 1999 |14 Junie 2005(ontslaan) |rowspan=2|Thabo Mbeki |African National Congress |- style="background:#EEEEEE" ! style="background:#006600; color:white;"| 4 |Phumzile Mlambo-Ngcuka(1955–) |100px |14 Junie 2005 |24 September 2008(bedank) |African National Congress |- style="background:#EEEEEE" ! style="background:#006600; color:white;"| 5 |Baleka Mbete(1949–) |100px |24 September 2008 |9 Mei 2009 |Kgalema Motlanthe |African National Congress |- style="background:#EEEEEE" ! style="background:#006600; color:white;"| 6 |Kgalema Motlanthe(1949–) |100px |9 Mei 2009 |26 Mei 2014 |rowspan=2|Jacob Zuma |African National Congress |- style="background:#EEEEEE" ! style="background:#006600; color:white;"| 7 |Cyril Ramaphosa(1952–) |100px |26 Mei 2014 |15 Februarie 2018<small>(word president)African National Congress 8David Mabuza(1960–2025)100px27 Februarie 201828 Februarie 2023Cyril RamaphosaAfrican National Congress 9Paul Mashatile(1961–)100px7 Maart 2023AmpsbekleërAfrican National Congress
Sien ook Eerste Minister van Suid-Afrika Goewerneur-generaal van Suid-Afrika President van Suid-Afrika Speaker van die Nasionale Vergadering Staatspresident van Suid-Afrika Lys van Suid-Afrikaanse staatshoofde
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van die Presidentskap
Kategorie:Suid-Afrikaanse lyste Suid-Afrika, adjunkpresident