Nikolaevsk (Russies: Никола́евск, [nʲɪkɐˈɫa(j)ɪfsk]) is 'n nedersetting op die Amerikaanse deelstaat Alaska se Kenai-skiereiland wat in 1968 deur 'n gemeenskap Russiessprekende Ougelowiges, bestaande uit vier families, as die eindpunt van 'n lang odyssee deur Siberië, die Volksrepubliek China, Brasilië en die deelstaat Oregon gestig is nadat hulle hier grond aangekoop het. The Atlantic, 1 Mei 2013: A 17th-Century Russian Community Living in 21st-Century Alaska. Besoek op 1 Mei 2020 Baie inwoners het hulle as kommersiële vissers bekwaam en hul eie bote gebou, terwyl ander besighede op die skiereiland of elders in Alaska gevestig het.

Die bevolking is volgens die sensus van 2010 op 318 beraam. Russies as huistaal word net soos die tradisionele leefstyl deur die proses van verengelsing en aanpassing by die Amerikaanse hoofstroomkultuur bedreig wat veral by die jonger generasie waargeneem word. pravmir.com – Orthodox Christianity and the World, 14 Oktober 2012: Nikolaevsk, Alaska – Russian Culture in Danger of Becoming Extinct. Besoek op 1 Mei 2020

Verwysings

Eksterne skakels

Agtergrondinligting

weirdrussia.com: Alaska's Old Believers VOA Voice of America, 23 Augustus 2017: Russian Culture Still Alive in Rural Alaska Media

VOA News/YouTube, 4 Augustus 2017: Offshoot of Russian Orthodox Church Thrives in Alaska

Kategorie:Nedersettings in Alaska